Successfully reported

LekkeSlaap blog

Kategorie: Limpopo

Kom Klink ’n Glasie op dié Gesellige Kuierstoepe!

Die ideale stoep het genoeg sitplek vir ’n groot groep vriende of die hele familie, ’n asemrowende uitsig, gemaklike meubels, braaigeriewe om saans ’n vleisie oor die kole te gooi, en speelplek naby vir die kinders. LekkeSlaap het dié lysie in gedagte gehou en ’n paar gesellige kuierstoepe gaan uitsoek waar jy en jou kroos […]

Perfekte Plekke om Verloof te raak

Daar word darem maar ’n groot affêre van ’n troue gemaak ─ en met goeie reg! Maar voor die bruid in die gangetjie afgesweef kan kom, lê daar eers ’n lewensbelangrike vraag en die oorhandiging van ’n koeëlronde blink dingetjie vir jou voor. ’n Verlowing is terselfdertyd ’n groot lewensstap én ’n wonderlike geleentheid om […]

Die Stories Agter 8 van Suid-Afrika se Eiesoortige Dorpsname

Het jy al ooit op die langpad verby ’n aanwysingsbord gery of ’n Suid-Afrikaanse landkaart bestudeer en twee keer gekyk na ’n obskure dorpsnaam? Kyk nou maar na name soos “Lekkersing” en “Tietiesbaai”, om nie eers te praat van die verstommende “Tweebuffelsmeteensmorsdoodgeskietfontein” of “Klein Mier Nommer Een” nie! Ons land spog met fassinerende dorpsname en […]

Ons Besing Suid-Afrika se Unieke Streke

Dis ’n splinternuwe jaar propvol hoop en avontuur! Al is jy tans platsak, is dit nooit té vroeg om jou volgende vakansie te beplan of ’n nuwe emmerskoplysie op te stel nie. Maar waar sal jy gaan kerjakker? Om jou weer aan ons land se droombestemmings te herinner, het LekkeSlaap ’n handjievol tydlose treffers opgespoor […]

Troukapelle vir jou Spesiale Dag

Die orrel begin speel. Die bruidegom snak na asem waar hy voor die kansel staan. Geliefdes draai in hulle banke om en kyk na die silhoeët van die bruid wat in die deur verskyn. Iewers pink iemand se tannie ’n traan weg. Dan begin die prosessie in die gangetjie af beweeg, gevolg deur die reuk […]

Beplan ’n Bederfwegbreek by dié 10 Boetiekblyplekke

Brand jy vir ’n luukse wegbreek wat ’n eiesoortige ervaring van ons mooie land bied? Moenie verder soek nie! LekkeSlaap het ’n lys gemaak van 10 boetiekblyplekke regoor Suid-Afrika wat op elke oordeelkundige reisiger se droomlysie hoort! Boetiekblyplekke is klein, intiem, eksklusief en bied net ’n handjie vol kamers wat elk individueel versier is, daarom […]

Woeker in die Wonderskone Waterberge

Dis Vrydagmiddag en jy het uiteindelik jou laaste verslag ingedien, al jou e-posse beantwoord en jou rekenaar afgeskakel. Nóú kan jy begin uitsien na daai welverdiende bosveld-wegbreek! Jy sit voet in die hoek, mik noord op die N1 en kyk hoe die Goudstad in jou truspieëltjie verdwyn. Die wolkekrabbers word vervang met ewe hoë doringbome en […]

Halala Suid-Afrika! Kom vier ons Ryk Erfenis hiér!

“Dis ’n land van kleure en klankDis ’n land van oorvloed en dankDis ’n land waar almal na streweDis ’n land sonder horison enDis ’n land wat weet dat hy kanook ’n blyplek neerlê vir my”Carike Keuzenkamp – Dis ’n land Baie Suid-Afrikaners vier Erfenisdag om die braaivleisvuur waar klagtes en uitgerekte “ja-nees” maar so […]

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang