LekkeSlaap blog
Kategorie:
6 unieke buitelugaktiwiteite vir die winter
Wanneer die koue aan jou voordeur kom klop en die sneeu soos ’n winterkombers ons land bedek, wag ’n hele nuwe wêreld van avontuur en opwinding tydens winter. Aktiwiteite soos voetslaan, bergfietsry en ander avontuurroetes bly gewild reg deur die jaar, maar daar is sommige buitelugaktiwiteite wat die bloed ’n bietjie warmer deur jou are […]
Hiér kan jy in Suid-Afrika walviskyk
Het jy geweet dat Suid-Afrika een van die wêreld se beste walviskyk-bestemmings is? Walvisse migreer jaarliks vanaf Antarktika na Mosambiek en kom maak gelukkig ook tussen Junie en November hiér ’n draai wanneer die koeie kom kalf. Diegene wat al ’n walvis van nader gesien het, sal saamstem dat dié waterreus werklik die koning van […]
Snoesige sneeukyk-huisies vir dié Wes-Kaapse winter
Verbeel jou ’n spierwit landskap. Die lug is vars en koud. Vir so ver soos die oog kan sien, is die heuwels en berge met ’n wit sneeukombers bedek. Sneeumanne staan en loer, kort-kort trek ’n sneeubal deur die lug en aan die anderkant van jou is kinders jolig besig om sneeu-engele te maak. Néé, […]
Vuurwarm bestemmings vir jou winterwegbreek
Alhoewel die somertyd altyd lekker in Suid-Afrika is, bring die winterseisoen sy eie bekoring. Van sneeubedekte bergpieke wat onder die flou sonstrale glinster, tot kusdorpe waar besoekers toegedraai in serpe met rooi wange op verlate strande aan ’n wegneemkoppiekoffie teug — Suid-Afrika bied ’n hele rits winterbestemmings wat beslis ’n besoek werd is. Of jy […]
Winterwegbreke by die see
Hoewel dit tyd is om plakkies met stewels te vervang, die strandsambrele vir reënsambrele plek moet gee en die lugverkoeling in die voertuig na die verwarmer verstel word, beteken dit nie dat julle nie steeds ’n seevakansie kan geniet nie. LekkeSlaap wys jou waar jy aan die kus kan gaan bly om die meeste van […]
Secluded Bushveld Stays for Couples
To make your romantic Bushveld escape a reality, LekkeSlaap has compiled a list of secluded bush stays, perfect for a couple, that will have you dreaming of your future stay in just a few scrolls.
Lekke dorpies tussen Johannesburg en Durban
Is jy ’n avontuurlustige reisiger? Hou jy daarvan om die skatte op pad na jou bestemming te verken? Dan is hierdie LekkeSlaap-blog net die gids wat jy moet raadpleeg as jy van plan is om tussen Johannesburg en Durban te reis. Afhangend van jou roete, kan hierdie rit meer as ses ure duur, maar met […]
Gesinsvriendelike plekke in die binneland
Die skoolvakansie kruip al hoe nader en die heel eerste ding waaraan baie mense dink wanneer dit by gesinsvriendelike vakansieplekke kom, is die kus. Wat is dan beter as om jou skoene te kan uitskop terwyl die jongspan hulself vir ure in die sand vermaak? Ja, die son en die see laat selde enige iemand […]