LekkeSlaap blog
Kategorie:
Waar Moeder Aarde Glimlag: Die Caracal 4×4-ekoroete
Hierdie artikel is aanvanklik in JUIG! Tydskrif se April-uitgawe gepubliseer. Springbokke bokspring oor die grasvlakte en ou Skillie suiker oor die grondpad om onder ’n kokerboom te gaan dut. Dis herfs in Namakwaland en die landskap het ’n bruin-en-kakie baadjie aan. Ná die winterreën sal dié vaal wêreld in ’n helderkleurige blomtapyt omskep word wat […]
’n Aand in die Eikestad
Of jy nou ’n student of ’n sakeman is, die Eikestad is vir jou beskore. Dié dorpie se faam mag dalk in die akademie gewortel wees, maar daar is ’n ander kant aan Stellenbosch wat enige oud-student in ’n toeris sal verander. Daar is winkeltjies om elke hoek en draai, straatjies wat onderdeur die eikebome […]
OPTOG! ’n Handjievol vrae aan Refentse
Die koue kruip nou nader en reg oor die land begin mense kaggelvure aansteek en sop kook dat die biesies bewe. OPTOG! reis egter wyd en syd met witwarm vermaak om jou knus en gekultiveerd te hou hierdie winter, en dié week is Refentse in Parys. Refentse tree op 2 Mei op die Vaal de […]
Olive the things to love about Olives
Whether you enjoy it on your pizza, in a freshly-baked focaccia bread, in a shaken-not-stirred Martini, or simply straight out of the jar, the olive is a wonderful, versatile little fruit! Every year the Riebeek Valley celebrates this Mediterranean climate delicacy with its annual Riebeek Valley Olive Festival. Ranging from award-winning olives, olive oils, jams, […]
My voete loop na Wellington …
In my Alma Mater se Afrikaansklas sou ek nooit kon droom om eendag oor ons interskole-aardsvyand se tuisdorp te skryf nie. Maar op ’n koel herfsoggend trek ek my Redemption-leerskoene aan en is ek slaggereed om Wellington via die Lady Loch-brug in te vaar! Dié Bolandse dorpie skuil aan die voet van Groenberg teen die […]
Gaan wéés by Cederkloof Botanical Retreat
Droom jy van ’n naweek weg van alles en almal? Wil jy net so bietjie wees? Wel, LekkeSlaap het onlangs die voorreg gehad om by Cederkloof Botanical Retreat net buite Citrusdal te gaan kuier en kan met alle eerlikheid sê dat dit vir ieder en elk aanbeveel word. Van die oomblik wat ons uit die […]
OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Pietman Geldenhuys en Wicus Van Der Merwe
Dokters meen dat lag en goeie musiek ’n mens se lewe drasties kan verleng, daarom skryf ons Wicus Van Der Merwe en Pietman Geldenhuys se Kombi-nasie-vertoning voor om die naderende wintergriep hok te slaan! Dit raak hoeka nou tyd vir Walviskyk in Hermanus, en Hartenbos aan die Tuinroete is ook mooi hierdie tyd van die […]
OPTOG! ’n Handjievol vrae vir Sandra Prinsloo
Die jaar is ryp met April se amberblaarkomberse wat die strate bedek en OPTOG! se kombi-vloot staan slaggereed om die landspaaie tot in Bloemfontein met roomyskleure te verf! Nataniël se fluweelmantels en blink rokke hang reg om jou in swierige styl te laat skaterlag en Sandra Prinsloo se verhoogpolvye staan blink gepoets om jou met […]