Successfully reported

LekkeSlaap blog

Jou menu vir avonture in Montagu

As ’n mens in Montagu se hoofstraat, Langstraat, ry ervaar jy ’n klassieke klein-dorpie-gevoel, maar in die are wat na die res van dié geskiedkundige dorpie vloei, pols daar pragtige natuurskoon, kunstige argitektuur, opwindende aktiwiteite en, natuurlik, eeue-oue mensestories. LekkeSlaap is onlangs genooi om ’n bietjie toeris in hierdie om-die-draai-dorpie te speel en ons vertel […]

Dié Suid-Afrikaanse stories sal by jou spook!

Die mens is gemaak vir stories – die bewyse is om elke kampvuur waar verhale die geselskap laat lag, huil, jil of ril te vind. LekkeSlaap het dit goedgedink om ’n paar van Suid-Afrika se spookstories te gaan opskryf vir lesers se grillerige genot. En, as jy die stories eerstehands wil ervaar, kliek gerus deur […]

Lekke huisies aan die kus vir Desember

Na ’n lang jaar is daar niks so lekker soos om jou kar te pak, jou gesin in te laai en net die pad te vat nie. Desember se gees, die sonskyn en vakansietyd beteken net een ding: Dis tyd om see toe te gaan! Daarom het LekkeSlaap vir jou dié lysie met ’n paar […]

Montagu op sy mooiste by Monte Vista Boutique Hotel

In die hartjie van Montagu wag daar ’n besonderse blyplek op jou ─ Monte Vista Boutique Hotel! Dié boetiekhotel is meer as net ’n plek om jou kop neer te lê en as jy kies om hier te kom kuier, sal jy ná ’n dag van verkenning daarna uitsien om na jou luukse en gerieflike […]

Verken die Sederberge by hierdie lekke plekke

Warmer weer is uiteindelik hier en dis die perfekte tyd om die Sederberge naby Clanwilliam te verken! Hierdie wildernisgebied, wat vernoem is na die inheemse sederbome wat voorheen in dié area gegroei het, dek 710 km² en is bekend vir die vreemde rotsformasies en San-tekeninge wat hier te sien is. Daar is verskeie voetslaanroetes om […]

Romantiese verblyf langs ’n rivier

’n Huweliksherdenking, ’n wittebrood, of gehaltetyd saam met ’n spesiale iemand ─ daar is altyd ’n goeie rede om ’n romantiese wegbreek te bespreek. En wat is beter as om met kabbelende water in die agtergrond tyd saam met jou geliefde deur te bring? LekkeSlaap.co.za het romantiese verblyf langs ’n paar riviere uitgesoek waar julle […]

10 bekoorlike boomhuisblyplekke

Kom maak jou boomhuis-droom uit jou kinderjare hiér waar! Net omdat ons nie meer kinders is nie, beteken nie ons wil ook soms net ’n bietjie tussen die boomtoppe gaan wegkruip nie. LekkeSlaap.co.za het ons gunsteling-boomhuisblyplekke reg oor die land bymekaargemaak en ’n lekke lys met die nodige inligting opgestel, sodat jy jou volgende wegbreek […]

Spreek jy hierdie plekname reg uit?

Praat jy ook sagter as jy Pniël moet sê? Suid-Afrika is ’n groot, diverse plek met ’n skynbaar ontelbare versameling dorpe, nedersettings en gehuggies, sommige met name wat maar vreemd op die tong val. Tog wil ’n mens nie jou naam met ’n plank slaan as jy met vakansie die naambordjies langs die pad lees nie. LekkeSlaap het ’n rits plekname wat ons weet Afrikaanssprekendes soms windskeef uitspreek. Spreek jy hulle reg uit? Lees ’n bietjie verder om seker te maak. 

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang