Lorne Sulcas was onlangs aan die woord vir die derde Goedvoelstorie by One&Only Cape Town. Lorne het op ‘n snikhete dag in 1990 vir sy eerste skof as wildbewaarder in die Kruger Wildtuin aangemeld. Na meer as twee dekades in die veld is sy knapsak vol stories, foto’s en ongelooflike kennis van Afrika se wilde diere. Veral van Afrika se 3 groot katte: die leeu, luiperd en jagluiperd.

Lorne het die gehoor behoorlik in vervoering gehad met sy passievolle beskrywings van die drie katte se eienskappe en gedrag. Sy praatjie is aangevul deur skitterende foto’s, interessante staaltjies en sy bosveldhumorsin: “Wat is die kleur van adrenalien?” “Bruin.”

Die luiperd was eerste aan die beurt:

Lazy Lounging Leopard

– Luiperds is opportunistiese roofdiere wat jag maak op enige iets van voëls tot bokke.
– Luiperds is nie so vinnig soos jagluiperds nie, maar hulle kan saggies sluip tot net ‘n paar meter van hul prooi af en kan ure lank wag vir die perfekte oomblik om toe te slaan.
– Dis te danke aan ‘n luiperd dat Lorne die kleur van adrenalien ken: ‘n senuweeagtige Franse toeris het eenmaal tydelik beheer oor sy sfinkter verloor toe een van hierdie pragtige katte ‘n vlakvark ‘n bietjie te vlak naby die wildritvoertuig doodgemaak het!

Sy kleiner, vinniger verwant was tweede aan die beurt:

Alert cheetahs (Acinonyx jubatus) drinking water, Kalahari deser

– Jagluiperds jag gedurende die dag sodat die leeus en hiënas nie hulle prooi afvat nie.
– Jagluiperds kan 0 tot 100 kilometer per uur in 3,5 sekondes bereik.
– Hierdie kat kan ‘n rooibok op 400 m sien knipoog.
– Lorne het vertel hoe hy en ‘n paar gelukkige toeriste een keer gesien het hoe ‘n jagluiperd-ma ‘n rooiboklam gebruik om haar welpies te leer jag.

Die koning van die bosveld het die laaste sê gehad:

Big Male African Lion

– “’n Volwasse leeu is 150 kg brute krag.” – Lorne Sulcas
– Vir leeus is spanwerk alles: buffels (en selfs olifante!) kan deur leeus platgetrek word, mits elke spanlid saamwerk.
– Wanneer leeus van dieselfde trop mekaar vir ‘n ruk lank nie gesien het nie, skuur hulle teen mekaar om groepsbande te versterk.
– Daar is nie plek vir swakkelinge nie, as jy swak is sterf jy.

Frances Strooh, een van my kollegas by LekkeSlaap, was onlangs op safari en het met hierdie foto in haar rugsak terug gekom:

DSCF5107

Wil jy self so ‘n foto neem? Kliek hier en kyk na al die lekke opsies op ons webblad.

DSCF5835