Met só ‘n prentjiemooi en diverse land as filmstel, is dit geen wonder dat die meeste van ons rolprente met pragtige tonele spog nie. Dink maar aan die Waterberge in Die Wonderwerker, die Knysnabos in Fiela se kind en die Karoo-landskap in Jakhalsdans. Hier is flieks van toeka se tyd, flieks wat dié jaar bohaai maak en party waarvan jy so byna vergeet het.

Ons wys waar jóú gunsteling-rolprent verfilm is … Kom saam, raak nostalgies, kliek op die foto en maak die filmstel jou volgende vakansiebestemming.

Lus vir toer? Kliek op die fliek en bestemming se foto en bespreek jou volgende vakansie!

  1. Die Wonderwerker (2012), Katinka Heyns – Waterberg. Foto: André van Rooyen 
  2. Bakgat! (2011), Henk Pretorius – Pretoria, spesifiek Hoërskool Waterkloof en Hoërskool Eldoraige. Foto: Kalyan Neelamrayu
  3. Liefling (2010), Brian Webber – Hartbeespoort. Foto: Crystian Cruz
  4. Mooirivier (2015), Rene van Rooyen – Potchefstroom. Foto: Jan Truter
  5. Ballade vir ‘n Enkeling (2015), Quentin Krog en Leon van Nierop – Johannesburg. Foto: Diogo Valerio
  6. Platteland (2011), Sean Else – Vrede, Vrystaat. Foto: Undone
  7. Roepman (2011), Paul Eilers – Durban, Spring, Johannesburg. Foto: Darren Glanville
  8. Orkney snork nie (1992), Willie Esterhuizen – Margate. Foto: jit bag 
  9. Jakhalsdans (2011), Darrell Roodt en Deon Meyer – Loxton
  10. Paljas (2008), Katinka Heyns – Karoo. Foto: Karoo View Cottages
  11. Pad na jou Hart (2014), Jaco Smit – Suid-Afrika (foto: Clarens). Foto: Undone
  12. Semi-Soet (2012), Joshua Roos en Anel Alexander – Johannesburg + Vrede en Lust Estate. Foto: Vrede en Lust Estate 
  13. Strikdas (2015), Stefan Nieuwoudt – Kaapse wynlande + Vrede en Lust Estate. Foto: Vrede en Lust Estate
  14. Hollywood in my huis (2015), Corne van Rooyen – Observatory, Kaapstad. Foto: Steve Crane
  15. Die storie van Klara Viljee (1992), Katinka Heyns – Weskus (foto: Paternoster). Foto: Michael Clarke stuff
  16. The Gods Must Be Crazy (1980), Jamie Uys – Kalahari. Foto: !Xaus Lodge
  17. Dirkie (1969), Jamie Uys – Kalahari. Foto: Andrew Ashton
  18. Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom (2010), Regardt van den Bergh en Marita van der Vyver – Sederberge. Foto: Chris Preen 
  19. Klein Karoo (2013) – Swartberg Country Manor, Oudtshoorn. Foto: Swart Berg Country Manor 
  20. Fiela se kind (1988) – Knysna, Tuinroete. Foto: Elton Harding