Mpumalanga, die ‘plek waar die son opkom’, is meer as net een van ons land se pragprovinsies. Dié provinsie is ʼn topbestemming te danke aan die talryke toeristebesienswaardighede wat hier skuil. Ons het 18 foto’s op Instagram gaan soek wat jou sal oortuig om jou tasse te pak en die pad te vat. As jy reeds ’n vakansie in Mpumalanga bespreek het, gee dié foto’s vir jou ’n voorsmakie!
1. Die Long Tompas tussen Lydenburg en Sabie
2. Asemrowende sonsondergange
3. Die Mac-Macwaterval naby Graskop
4. Die Drie Rondawels (of Drie Susters) op die Panorama-roete
5. Die Krugerwildtuin
6. Bourke’s Luck Potholes in die Blyderiviercanyon
7. Eetplekke met ongelooflike uitsigte ‒ Potluck Boskombuis
8. Saalsafari’s in Buffalo Gorge
9. Die Blyderiviercanyon
10. Kleurvolle kultuurmarkies al langs die pad
11. Sabi Sands Wildreservaat
12. Ndebele-argitektuur en -kultuurdorpies
13. Kos, pret en plesier by Innibos-kunstefees
14. Die geo-roete naby Barberton
15. Lugballon-reise oor die Laeveld
16. Die Lone Creek-waterval naby Sabie
17. Buitengewone natuurskoon
18. God’s Window
Dié 18 foto’s verteenwoordig hoegenaamd nie als wat die mooie Mpumalanga bied nie, so gaan vind gerus self uit watter natuur– en kultuurskatte nog daar skuil!
As jy op Instagram of Twitter is, neem gerus ’n foto van jou vakansiewegbreek in Mpumalanga en merk (tag) ons:
Lydenburg | Long Tompas | Mac-Macwaterval | Sabie | Graskop | Barberton | Blyderiviercanyon | Krugerwildtuin | Bourke’s Luck Potholes | Sabi Sand Reservaat | Lone Creek-waterval | God’s Window
Hooffoto: “3rd largest canyon” deur Rafiq Sarlie (Flickr).