Die Overberg het soveel bekoorlike bestemmings op pad na Hermanus en al langs die N2, maar baie reisigers vergeet van Greyton ─ ’n gasvrye dorpie wat aan die lowerryke voet van die Sonderendberge versteek is. LekkeSlaap is lief daarvoor om in súlke dorpies te gaan rondsnuffel en die beste blyplekke, restaurante, koffiewinkels, snuisterywinkels en unieke doendinge op te spoor! Hier’s ons kitsgids tot Greyton:

1

Kuier by EARS (Everyone’s Animal Rescue Society) se donkies:

EARS is ’n rehabilitasiesentrum vir donkies uit die omliggende omgewing wat spesiale sorg benodig. Hulle streef daarna om ’n kultuur van empatie teenoor donkies in die gemeenskap te skep en bied ook oulike opleidingsessies vir kinders en donkie-eienaars. Kontak hulle gerus as jy by die donkies wil gaan kuier!

☎ 084 207 3990 | ✉ earsofgreyton@gmail.com

Greyton-0241

Greyton-0211

Wandel in die natuurreservaat:

Ons stel voor jy pak ’n voetslaanroete in die natuurreservaat aan ─ of jy nou net rustig tussen die fynbos wil rondwandel en of jy nou lus is om die omliggende berge te gaan verken! Daar is ’n roete vir elke stapper en die een is so mooi soos die ander.

☎ 028 254 9564 | ✉ k.wehrlin@tiscali.co.za

Greyton-0269

Greyton-0300

Besoek Greyton se Saterdagoggend-markie:

Kom doen inkopies saam met die locals! By Greyton se markie kan jy van interessante kase en varsgebakte brood tot handgemaakte wol- en leerprodukte koop.

☎ 083 621 2162 | ✉ info@gogreyton.co.za

Greyton-0029

Greyton-0037

Verken die dorp se spesialiteitswinkeltjies:

Von Geusau Chocolates se handgemaakte fynproewersjokolades is werklik iets besonders! Hier kan jy tussen allerhande geure en kleure kies en selfs vooraf ’n sjokoladeproesessie reël. Gaan proe gerus sommer ’n paar geure in die winkel ─ die gesoute karamel en espresso was ons gunstelinge.

 ☎ 028 254 9100 | ✉ vgv@mweb.co.za

Greyton-0149

Greyton-0154

Verder is daar nog ’n rits ander winkeltjies wat allerhande mooi goed verkoop ─ dekor, huisgoed, geskenke, antiekware, tweedehandse klere, juweliersware, handgemaakte produkte en selfs Buffelsfontein-baardolie. Jy sal ure lank hier kan rondsnuffel!

The Earthy Shop

☎ 072 341 3882 | ✉ collette@shopearthy.co.za

Greyton-0003

My Beautiful Life

☎ 076 343 1410

Greyton-0091

Muishuis

☎ 028 254 9999 | ✉ lillianbrandi@gmail.com

Greyton-0120

Vintage & Vogue

☎ 072 055 0450 | ✉ vintageandvogue254@gmail.com

Greyton-0137

2

Smul aan ’n pizza by Searle’s Trading Post:

By Searle’s Trading Post kan jy kies tussen ’n heilsame buffet-ete en heerlike pizza. Die feit dat hulle glutenvrye pizza niks ekstra kos nie, het ons veral beïndruk! Boonop het die restaurant ’n paar heerlike kaggels en ’n gesellige atmosfeer.

☎ 028 254 9550 | ✉ naomi@searles.co.za

Greyton-0110

Greyton-0339

Drink ’n flat white by Via’s:

As jy enige van die Greyton-inwoners vra waar ’n mens die beste koffie op die dorp kan drink, sê hulle dis hiér by Via’s ─ ’n keurige koffiewinkel en deli wat hoofsaaklik koffiebone en peuselhappies verkoop.

☎ 028 254 9190 | ✉ stay@vias.co.za

Greyton-0317

Greyton-0304

Bestel ribbetjies by 1845 Restaurant:

Dié restaurant bedien sonder twyfel die beste pub lunch wat enige honger maag begeer. Die porsies is vullend en daar is ’n lekker verskeidenheid om van te kies. Hulle ribbetjies is veral uit die boonste rakke!

☎ 028 254 9639 | ✉ bookings@1854.co.za

Greyton-0350

2792938_orig

Eet ontbyt by The Post House:

As jy in ’n selfsorgplekkie bly of sommer net lus is vir ’n bederfontbyt, sal The Post House se stylvolle restaurant jou nie teleurstel nie. Begin die dag reg met ’n smaaklike brekfis en ’n koppie goeie filterkoffie.

 ☎ 028 254 9995 | ✉ reservations@theposthouse.co.za

b5454a8026b1f44f9164c88810019722bb91450d1436787070565

Greyton-0325

3

The Post House

Daar is heelwat pragtige, geskiedkundige geboue in Greyton en The Post House is een van hulle. Die lodge is een van die spogblyplekke op die dorp en ons het dit eerstehands ervaar. Alles, van die vriendelike personeel en die deeglike kamerdiens tot die stylvolle kamers en lieflike restaurant het ons beïndruk!

Greyton-0189

Greyton-0194

Daar is 6 standaard-suites, 7 luukse suites, 1 wittebrood-suite en ’n gesin-suite wat elkeen met luukse geriewe en klassieke dekor ingerig is. As jy moeitelose verblyf verkies waar jy self so min as moontlik hoef te doen, is The Post House vir jou beskore. En boonop is die kroeg en restaurant net ’n paar tree van jou kamer af as jy nie lus is vir uitgaan nie. Tog is jy in die hartjie van die middedorp en stapafstand van al die dorp se besienswaardighede en doendinge af.

Greyton-0200

Greyton-0202

Buiten The Post House is daar nog heelwat ander verblyf wat ons met ’n geruste hart kan aanbeveel:

Greyton Lodge is ’n besonder stylvolle lodge in die hoofstraat met sjiek kamers, gesellige kuierareas en die vriendelikste eienaars.

Greyton-0072

Little Oak Cottage is ’n bekoorlike selfsorg-plaaskothuisie in ’n systraat, net ’n entjie se stap van die middedorp af.

header

Untitled design

Greyton het ’n paar feeste en geleenthede wat voorlê, so jy het die perfekte verskoning om so gou moontlik jou wegbreek te beplan:

Greyton Creative Arts Festival | Greyton Rose Fair | Greyton MTB Tour

Greyton-0105

Nou ja toe, as die idee van ’n oulike plaaskothuis of ’n luukse plattelandse lodge in ’n gesellige dorpie jou hart ’n bietjie warmer laat klop, is Greyton beslis vir jou! Wat meer wil mens van ’n naweekwegbreek hê as ’n rustige omgewing, mooi uitsigte, goeie koffie, lekker kos en die kans om iets unieks te beleef? Bespreek nóú jou kuiertjie in Greyton!

Foto’s: LekkeSlaap se fotograaf, Pieter Wolhüter.