Suid-Afrika het ’n paar provinsies wat as die skaam boeties van die meer gewilde Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng bekendstaan. Noordwes is een van die land se kleinste provinsies, maar tog is daar só ’n oorvloed doendinge en poskaartmooi plekke om te besoek, dat jy hom beslis hoog op jou doenlysie moet sit. In dié blog sal ons jou met enkele foto’s góú wys waarom dié provinsie beslis meer aandag verdien.

Indrukwekkende sonsondergange oor die golwende grasvelde wat kenmerkend is van die provinsie se landskap

 

Plase aan die voet van die Magaliesberge met skouspelagtige uitsigte, soos hier by Thaba Mazi Game Ranch

 

Warmlugballonvlugte oor Hartbeespoort, die Magaliesriviervallei of die majestueuse Magaliesberge

 

Mampoerproe en -toere in Groot Marico

 

French Toast Coffee Café ─ eens ’n filmstel en nou ’n koffiewinkel met ’n stukkie Parys in die voortuin

 

Wildritte in een van vele wildreservate in die provinsie, soos die Madikwe Wildreservaat

 

Hartbeespoort Kabelspoor met 360°-uitsigte oor die Hartbeespoortdam en Magaliesburg

 

Rustige bootvaarte op die spieëlgladde Hartbeespoortdam

 

Kultuurdorpies waar besoekers meer oor die inheemse kultuur kan leer en kuns- en kunsvlyt kan koop

 

‘n Besoek aan Sun City vir waterpret, casino-kuiers en luukse hotelverblyf

 

Die Biddende Hande Standbeeld naby Magaliesburg naby Hornbill Lodge

 

Zebra deur Martie Swart (Flickr)
Wild wat dooddollies in die Bosveld wei

 

‘n Wildkykvakansie in die pragtige natuurskoon van Pilanesberg Nasionale Park

 

Die Vaalrivier in volle glorie

 

Die Tonquani Rotspoele in die Magaliesberge se Mountain Sanctuary Park waar stappers op ’n warm dag lekker kan afkoel

Buiten al dié asemrowende natuurtonele en opwindende doendinge val sekere dele van die Wieg van die Mensdom én die Vredefortkoepel ook binne Noordwes se grense. Dié provinsie hou sowaar allerhande ervarings van geskiedenis, kultuur en natuur vir besoekers in. Dink net hoeveel doendinge jy van jou emmerskoplysie sal kan afmerk as jy eers hier was! Bespreek nóú jou wegbreek in Noordwes op Lekkeslaap.co.za ─ dis hoogtyd!

Hooffoto: “Ballooning at Hartbeespoort Dam” deur South Africa Travel Online