Verified Reviews
Bloemfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bloemfontein
Rated 4.1 out of 5 based on 2068 reviews.
"Baie veilig en sentraal geleë. Veilige parkererplek. Regtig 'n plek waar mens ten volle kon ontspan."
"Westdene is naby Loch Logan, Mimosa Mall, die Vrystaat Stadion en nie te ver van die Universiteit nie. Werklik 'n sentrale area."
"Ons het net 'n oornagplek gesoek so ongeveer halfpad tussen die Kaap en KwaZulu-Natal. Bloemfontein het in die doel beantwoord en Fichardt Park se ligging na aan die snelweg was ideaal. Ons het gekom, geslaap en voor sonsopkoms weer vertrek. Ons het geen benul wat in Fichardt Park aangaan nie. Dit lyk na 'n gemiddelde, netjiese woonbuurt, maar of daar iets is waarin toeriste sou kon belangstel sal ek beslis nie weet nie. "
"Het nie nou daardeur gery nie, maar ken die omgewing wel van 16 jaar se verblyf in Bloemfontein. Was altyd mooi."
"Ons was jare terug inwoners in Brandwag en ons het met baie heimwee terug verlang na ons 15 jaar daar. Ons vind dit altyd baie sentraal om in Brandwag tuis te gaan, alles is daar wat jy nodig het. Ons het altyd veilig daar gevoel."
"Dit is 'n stil en rustige voorstad met ruim strate en die straatname is goed aangedui."
"Het in Dan Pienaar grootgeword en is al 30 jaar in Pretoria. Nog net so aangenaam."
"Dit is 'n ou, rustige woonbuurt, naby die universiteit en middestad, maar myns insiens nie 'n toeriste-aantreklikheid of -bestemming nie. Wel baie gerieflik vir oornag- of kort verblyf."
"My man was in Tempe en dit bring herinneringe terug. Afgesien daarvan was daar nie veel meer om te doen nie."
"Dit is 'n stil en rustige woonarea met pragtige tuine. Dit is naby die middestad van Bloemfontein en gerieflik naby winkels as jy iets nodig het of wil gaan eet. "