Verified Reviews
Erongo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Erongo
Rated 4.6 out of 5 based on 293 reviews.
"Awesome place for adventure and trips out on dunes and boats, great restaurants. Take extra jackets."
"Ons het nog altyd verkies om in Vineta te bly. Dis baie rustiger as in die res van Swakop en tog naby aan alles."
"Lieflike dorp met baie besienswaardighede en lieflike winkels. Die mense is vriendelik en hulpvaardig."
"Swakop is 'n dorp wat aan vele smake en behoeftes van toeriste voldoen."
"Het die inwoners oor die algemeen as vriendelik ervaar. Meer as genoeg toeriste attraksies. Eetplekke was ook tops."
"Hentiesbaai is lekker rustige kuierplek en dit is die perfekte betemming vir die regte mense."
"Het in die Hansa Hotel gaan oorslaap wat baie gerieflik was. Swakopmund is 'n great plek."
"Swakopmund is 'n vakansie dorp met baie om te doen en baie lekker eetplekke."
"Die plek is voorwaar 'n plek om vakansie te gaan hou en net te ontspan. Die mense daar het nie issues nie, hulle het grootgeword, baie kan bietjie tyd af vat en gaan leer hoe word dit gedoen. Bravo vir Walvisbaai en Namibië, julle rock vir seker en ja, ek kom vir seker weer kuier."
"Toe ons daar was, was daar vloede en Swakopmund is nie gewoond om enige reën te kry nie. So dit het baie krag onderbrekings veroorsaak en modder wat die strate vol was. Dit is 'n pragtige bestemming met baie mooi besienswaardighede. Die mense is ook vriendelik. "
"Oor die algemeen - by die winkelkies was mense baie vriendelik en behulpsaam met 'n glimlag, die dorp het netjiese en skoon voorkoms, sal dit aanbeveel vir mense wat die eerste keer Namibië toe gaan. Ons het nou wel nie 'n vis gevang nie, maar ons het die reën in die woestyn gevang en lekker "suntan". Kos is wel baie duur so maak seker jou beursie is goed gepak vir die trippie. "