Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 17892 reviews.
Montagu, Escape From Cape Town
Montagu Ronda-View"Dit is 'n pragtige dorp met baie besienswaardighede. Die natuurskoon is asemrowend mooi. Daar is ook 'n verskeidenheid restaurante op van te kies."
St Helena Bay, Escape From Cape Town
Whale n Daisy"Baie goed geleë tussen nabye dorpe en besienswaardighede."
Betty's Bay, Escape From Cape Town
Crassula"Die ongereptheid, die grondpaaie en stilte was absoluut wat ons nodig gehad het. Dis naby genoeg aan Hermanus en Die Strand vir aankope, maar ver genoeg van al die woelighede om net in vrede asem te haal en die stadsgejaag te ontsnap."
Struisbaai, Escape From Cape Town
Coral Cottage"Kom al vir baie jare na Struisbaai en geniet die kuier elke jaar."
Montagu, Escape From Cape Town
MonTQ Guest House"Interessante dorp, asemrowende natuurskoon, en dorp vol karakter."
Barrydale, Escape From Cape Town
Over Karoo Inn"Barrydale is 'n pragtige dorpie. Daar is soveel winkeltjies in die dorp. Wat dit nog lekkerder maak, is die feit dat jy kan stap na al die eetplekkies."
Rawsonville, Escape From Cape Town
ATKV Goudini Spa"The individual shops are nice and the town has a nice vibe, but it is not widely advertised in Goudini Spa, so people who do not know the area would not know of its existence."
Paternoster, Escape From Cape Town
KwaThula"Net jammer daar raas mense deur die strate wanneer mens dalk 'n middagslapie wil vat."
Velddrif, Escape From Cape Town
Die Wilde Gans"Ek het daar gebly vir 40 jaar en die plek het geweldig uitgebrei. Mense is nog net so vriendelik en hulpvaardig soos altyd. Is altyd lekker om ou bekendes te sien."
Gansbaai, Escape From Cape Town
Kleinzee Oceanfront Guesthouse"Vriendelike en behulpsame mense, groot verskeidenheid see-aktiwiteite."
Velddrif, Escape From Cape Town
Velddrif Riverside Guesthouse"Best fish and chips ever at Die Vis Vlekhuis, we go often and it never disappoints!"
Paternoster, Escape From Cape Town
Mythos"Paternoster is 'n baie oulike dorpie met baie vriendelike mense. Die dorpie word mooi in stand gehou. Mens kan sê dit is Suid Afrika se eie Mykonos. Ons het veral geniet om by Gaatjie te eet."
Gansbaai, Escape From Cape Town
Sunset Bliss"Ek is versot op Gansbaai! Daar kort net regtig 'n goeie, knus restaurant wat uitkyk op die see met 'n lekker atmosfeer. Iets wat modern en nie te duur is nie. Daar is restaurante - die 1 is altyd toe na ure, die ander 2 is op die hawe maar oud en weggesteek. Die 1 is meer n kroeg. Daar is 'n Wimpy en 2 bistro's maar hul moet jy bespreek en is weggesteek in die hoofstraat, ver van 'n mooi uitsig."
Robertson, Escape From Cape Town
Klaasvoogds Cottage"Die dorp self is heel gemiddeld, maar die wynplase van die beste!"
Hermanus, Escape From Cape Town
A Farmhouse"Dis ons 'go-to' plekkie as ons vinnig besluit op 'n bietjie asem gaan skep - daar is altyd iets om te doen, jy is naby alles en dis 'n lieflike atmosfeer!"
Witsand, Escape From Cape Town
8 On Main"Witsand is 'n klein dorpie, met 'n pragtige strand. Die mense is vriendelik, gasvry en hulpvaardig. Dit is 'n plek waar jy van die gejaagde stadslewe kan ontkom, en net weer heel word."