Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1833 reviews.
"Ons was stomgeslaan oor die besonderse mooi skole! Dis 'n mooi, skoon dorp."
"Charming, quaint historic town. Lots to see and do. Would love to come back for a longer stay."
"Daar is baie interessante goed om te doen in Graaf Reinet met die kerk natuurlik die hoogtepunt. Van die strate is ongelukkig vol slaggate en dit sit 'n motoris ongelukkig so 'n bietjie af."
"Pioneer is 'n puik restaurant. Pragtige dorp. Vallei van Verlatenheid het pragtige sonsondergang."
"Hierdie dorp was so 'n teleurstelling vir ons. Ons kon min monumente besoek omdat leeglêers daar rondsit. Die plastiek en vuil strate en als wat saamgaan daarmee toon swak bestuur en gaan maak dat ons nie weer hier sal stop nie. Ek voel so jammer vir die instansies en besighede wat probeer om dinge bymekaar te hou."
"Graaff-Reinet is pragtig. Wou opry na Valley of Desolation toe, maar was ongelukkig mistig. Dink dis die ideale oorstop bestemming see toe."
"Ons het baie rondgestap en daar is soveel om te ontdek. Baie van die historiese geboutjies word nou opgeknap en dit is wonderlik interessant. Die museums is beslis ook die moeite werd."
"Must visit the Valley of Desolation. A few minutes out of town the vistas and views are spectacular."
"Ek is mal oor Graaff-Reinet. Daar is ongelooflik baie goed om in die omgewing te doen en te sien. Wil beslis iewers vir 3/4 dae daar oorbly en regtig die dorp verken."