Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.4 out of 5 based on 10162 reviews.
"The Lydenburg area is a good mix of bushveld and mountain. The vista and birdlife are excellent!"
"Van die winkels is te koop en dus was daar nie veel in die dorp te sien nie. Die geskiedenis is baie interessant. "
"As kind het my Pa ons elke Desember Lydenburg toe geneem vir vakansie omdat dit so naby al die mooi natuurlike watervalle en pragtige natuur is. Die dorp het vreeslik uitgebrei sedert daardie dae, maar ons was baie teleurgesteld in die toestand van die paaie in die dorp self, maar buiten dit is dit steeds 'n lekker dorp om te bly as jy na al die mooi plekke in die omgewing wil gaan kyk."
"Dis 'n pragtige plek, maar ons is twee keer deur sekuriteit gewaarsku oor veiligheid. Eerste keer toe ons afgepak het en die tweede keer toe ons laatmiddag gaan stap het. Blykbaar is die misdaadsituasie nog nie onder beheer nie. "
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
eBundu Lodge"Nelspruit bied oneindig baie vir 'n voornemende besoeker!"
"Baie oulike dorpie. Die mense was almal vriendelik en ons het heerlik koffie by verskeie eetplekkies geniet."
"Mooie uitvalsbasis voor, met name, bezoek aan het Krügerpark, ook voor langdurig verblijf. Zijn voldoende winkels voor dagelijkse behoefte en ook restaurants voor een avondje uit. Wat ons betreft, stak het Jabula restaurant er boven uit. Een min-puntje: sommige "wegen" in het park zijn van een slechte kwaliteit. Een weandeling langs het hek bij de Crocodile River moet zeker worden gedaan met een stop bij het Ämazing River View restaurant."
"Ek kan nie veel sê oor besienswaardighede nie, dis lekker sentraal en mens kan uitry na ander plekke. "
"Dullstroom is oulik en snaaks om oor te bly vir 'n dag of twee. Maar dis 'n plekkie waardeur mens ry omdat jy op pad is na iewers beter. Die uiteet opsies in Dullstroom is wel enige foodie se droom, en behoort deeglik verken te word. Gaan besoek beslis op 'n leë maag. Die Mastercard gaan seerkry, maar magtag, 'n mens leef net een maal. Eet is lekker, baie eet is baie lekker."
"Die tuisnywerheid in Marloth Park het die lekkerste koeksisters en die eienaar is baie vriendelik. Gerrie by Fine and Country is ook baie vriendelik en 'n groot bron van inligting oor die area sowel as eiendom beskikbaar in Marloth Park. "