Verified Reviews
Somerset West
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Somerset West
Rated 4.6 out of 5 based on 268 reviews.
"Asemrowend mooi en vriendelike mense! Wynplase is 'n moet vir elke toeris wat Somerset-Wes besoek!"
"Pragtige natuurskoon en 'n dorp wat in alle behoeftes voorsien. Naby aan die see en gemaklik naby aan die Cape Town International Airport."
"Suitably situated with attractions of different sorts in close proximity."
"Rustige plek. Naby alles byvoorbeeld, mall, hospitale, openbare vervoer en baie toeriste-besienswaardighede."
"Somerset-Wes is lekker sentraal om nabygeleë wynplase, Somerset Mall en dorpe soos Stellenbosch te besoek. Root 44 baie lekker markie op Saterdae."
"Dis 'n mooi skoon dorpie, met maklike toegangbaarheid na winkelsentrums en die strand, asook hoofsnelweë."
"Die woonstel is nie in Somerset nie, maar die paaie word nou opgegradeer en die omgewing sal baie beter lyk as dit klaar is."
"Ek dink nie Somerset-Wes is 'n vakansiedorp nie, maar dit is so gerieflik naby al die besienswaardighede geleë."
"Dis naby die see en baie wynplase om te besoek, ook naby Stellenbosch en Kaapstad."
"Somerset Wes is sekerlik een van die plekke in die Wes-Kaap wat baie sentraal geleë is tussen bekende toerisme attraksies soos Stellenbosch, Kaapstad, Simon Stad, Gordon's Baai en Hermanus, maar. ek voel Somerset-Wes het baie meer on te bied aan elke toeris se smaak en gevoel as wat ons almal te siene kry op hulle algemene toerisme bemarking. Soms wil akkommodasie bestemmings toeriste probeer hou in hul areas vir ten minste 2 dae, maar Somerset-Wes het genoeg interessante en avontuur geleenthede beskikbaar om gaste vir n hele week te vermaak. Ek hoop die "local" toerisme raad lees die ene want ek is bereid om te help hiermee, andersins is dit n skoon, veilige en toegangbare dorp. "
"Somerset Wes is 'n pragtige plek om na heen te gaan. Baie sentraal geleë en baie plekke om te besoek. "