Verified Reviews
Tzaneen
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Tzaneen
Rated 4.3 out of 5 based on 275 reviews.
"Beautiful surrounding scenery just outside of Tzaneen! Definitely worth exploring some more!"
"Pragtige dorpie, sentrale kern van die dorp nie te aangenaam nie, wil maar liewers jou inkopies doen in die dele op die buitewyke van die dorp. Gelukkig is daar 'n nuwe winkelsentrum wat baie hiermee help. Verder was dit baie aangenaam."
"Lieflike omgewing! Pragtig! Ons eerste keer daar en sal graag weer wil gaan."
"Ons is afkomstig van Phalaborwa. Het al vorige kere nodig gehad om nood-akkommodasie te reël naby Tzaneen Medi Kliniek. Die Stables is die ideale opsie vir 'n onvoorsiene geleentheid."
"Sal graag weer die omgewing besoek en meer tyd spandeer om alles te verken."
"Die waterval was ook asemrowend en definitef die besoek werd en teen R10 per person is dit oor en oor die moeite werd! Ek moet net my onsteltenis uitspreek oor die groot Boabab boom wat nou nie meer heel is nie. Ons is baie vinnig begroet vir ons R25'e maar daarna was daar geen personeel of bestuur in sig nie. Die webtuiste laat jou glo dat jy n "koue drankie" kan geniet wat glad nie die geval is nie. Ek voel mense moet ingelig word van die werklike stand van sake asook die toestand van die boom en dat die R25'e om die boom te besigtig onnodig is. "
"Daar is nie veel wat besienswaardig is in Tzaneen nie, maar in die omgewing is daar baie om te doen en dit is pragtig. Dié deel van ons land word nie genoeg as 'n toerismebestemming aan die oorsese mark bemark nie."