Verified Reviews
West Coast
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in West Coast
Rated 4.5 out of 5 based on 7182 reviews.
"Hou al vir baie jare vakansie in Langebaan. Gaan daarheen om baie vars vis te eet. Beste tye laat Februarie en Maart."
"As jy rus vir die siel wil he dan is Jacobsbaai die regte bestemming. Jacobsbaai is n pragtige klein dorpie met grondpaaie. Dit is goed geleë, naby aan Paternoster en Langebaan."
"Pragtige dorpie. Vriendelike mense en heerlike kos. Klomp kunsgalerye en lekker rond krap winkels. Voel soos 'n klein Griekeland met al die wit huisies! Ons sal verseker weer soontoe gaan!"
"Net jammer van die eetplekke en winkels maak eers van Woensdae oop en eers 9 uur, dis al klagte."
"Paternoster is 'n pragtige rustige dorpie met vriendelike mense en lekker vis ek sal beslis mense aanraai om hierdie dorpie te besoek vir 'n wegbreek uit die stad."
"Dit is 'n jammerte dat die onwettige kreefhandel nie hokgeslaan kan word nie en ek stel voor dat meer gedoen moet word om die publiek bewus te maak van die probleem."
"We have been to the town before so knew what to expect. It is a pity Fryer's Cove closes at 17:00. A perfect spot to enjoy a sun downer."
"Ongelooflike plek, maar baie bekommerd oor die "petty crime" wat tans oor die dorp heers."
"Dit is pragtig. Baie voëls en die pragtige waterweë. Beslis die moeite werd."
"Baie lekker en mooi plek om vakansie te hou, wat wel pla is die baie rondlopers tussen die huise wat mossels en krewe smous, ook by die uitkyk plekke, glo ook baie ondermaat krewe word geoes."
"Baie lekker Weskusatmosfeer met vriendelike mense. Lekker eetplekke en als wat jy nodig het naby aan mekaar."
"Lekker, lekker, lekker. Wees net bewus Gaaitjie restaurant se kombuis sluit 20:00 op 'n Saterdagaand!"
"Dis 'n lekker Weskus dorpie. Baie mooi uitsigte vir foto's neem. Mooi kayak geleenthede vir vroegoggend."
"Dit was ons eerste besoek ooit aan Yzerfontein, 'n heerlike rustige dorpie met soveel genot."
"Pragtige vakansiedorp. Ander naby geleë plekkies word gou bereik. Groot winkelsentrum wat inkopies vergemaklik."