Verified Reviews
Western Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Western Cape
Rated 4.6 out of 5 based on 60061 reviews.
"Heerlike wynroetes en die dame by die Inligtingsburo was baie behulpsaam met die boek van 'n wyntoer en 'n bootrit. Het ook heerlik gekuier saam met Jeanette wat ons op die wyntoer geneem het."
Hemel-en-Aarde Valley, Western Cape
Hornbill House"Groot voordeel is die restaurant wat binne loopafstand was."
"Skoon dorp met baie besienswaardighede en baie vriendelike mense."
"Die dorp het my verras. Ek het nooit geweet dis so groot en het so baie kuierplekke nie."
"Jacobsbaai is lieflik stil en klein, geleë tussen Saldanha en Paternoster, minus al die toeriste. Dit is die perfekte wegspringplek vir 'n Weskusvakansie: Darling is naby vir 'n daguitstappie, middag- of aandete is lekker in Paternoster, en strandbaljaar in Langebaan. Na 'n dag van opwinding in die besiger dorpe is daar niks so mooi soos Jacobsbaai se eie weggesteekte strande en stil omgewing vir ontspanning. 'n Nuwe gunsteling-bestemming."
Mossel Bay Central, Western Cape
Blue Whale Lodge"Mosselbaai as toeristebestemming is sentraal geleë, baie om te doen en om te besoek in 'n 100 km radius. Sal altyd terugkeer Mosselbaai toe vir 'n vakansie!"
"A very safe part of Cape Town where you can even walk around at night. Canal Walk offers all the shops you could possibly desire and plenty of restaurants in one convenient location, surrounded by canals and wetlands."
"Houtbaai is baie sentraal geleë en gee toegang tot Kaapstad, Valsbaai en omliggende dorpe. Daar is 'n verskeidenheid van restaurante en die uitsig oor die baai is wonderlik vanaf sommige eetplekke."
"Glentana is 'n wonderlike, rustige plek om te gaan ontspan. Daar is 'n eindelose strand en 'n fantastiese restaurant by die hoof parkeerarea."
"Plettenbergbaai was my eerste ervaring en die plekke en restuarante was ongelooflik."
"Mooi, rustige vakansiebestemming, lekker om te gaan uitrus. Naby aan verskeie vakansieplekke."