Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 37977 resensies.
"As jy 'n voëlkyker en fotograaf is sal die Bergrivier jou aanstaan, want daar is regtig 'n besonderse verskeidenheid watervoëls. Of as jy jou eie boot het en lief is vir visvang. Verder is daar min om te sien en sal Paternoster meer aan te beveel wees."
"Ons sal graag wil eendag op die boat trips gaan wat daar deur beweeg, ons was ook by die jetty waar hulle visvang."
"Lots of wonderful places to visit and things to do in and around Gansbaai. We were pleasantly surprised."
"Pragtige, vriendelike, rustige dorp. Baie warm, maar ek sou nie omgee om permanent daar te bly nie."
"Een van die mooiste, langste strande in SA. Stap Gericke's Point toe. Village Market op Saterdae is 'n fees. Ry Cloud 9 met 'n bergfiets."
"Ons was in 'n fratsongeluk betrokke, die mense van Beaufort Wes was so vriendelik en behulpsaam. Dame met die naan Heidi het my vrou en ons bagasie gastehuis toe geneem. Jong man Alexander het gestop en my gehelp om my motor rybaar te kry tot by gastehuis. Die volgende oggend het hy my na Johan Pienaar Motors toe geneem. Hulle het professionele diens verskaf en was vriendelik en behulpsaam het motor vinnig vir my uitgesorteer. Beaufort-Wes is pragtig geleë en mense is vriendelike omgee mense."
"Ek het nou nie die dorpie verken, net besoek aan 'n Spar gebring wat goed was, maar dit is wonderlik en gaan beslis meer besoeke bespreek."
"Weskus op sy mooiste! Bied geleentheid om rustig te wees, maar daar is ook lekker baie om te doen as mens lus is daarvoor."
"Montagu is a beautiful farm. Our day visit to Montagu Springs and the Tractor trip activity at Protea Farm was amazing."