Geverifieerde Resensie
Dullstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dullstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1294 resensies.
"Oulike dorpie en lekker uiteet-restaurante. Ongelukkig bitter min kunsvlytwinkels wat tipiese eie aan Dullstroom geskentjies verkoop. Alles African so dis baie vir die toeristemark. Nie baie vir ons plaaslike mense soos bv. Clarens nie."
"Ongelooflik baie interessanthede om te sien en te doen vir so 'n relatief klein dorpie. Daar was nie een vervelige oomblik nie."
"Winkels en van die koffiewinkels wat 5 uur op 'n Vrydag en Saterdag toemaak maak nie vir my sin nie."
"Baie lekker dorp en ek sal beslis weer terugkom. Die fietsrywedstryd was baie goed georganiseerd en het glad verloop."
"Rustige dorp met lekker eetplekke. Het die ou Hotel se voorgeregte geniet en Mayfly Restaurant se kos en diens was baie goed."
"Ons geniet Dullstroom omdat dit slegs 2 ure van Pretoria af is en dit is 'n lekker wegbreek nie te ver van die huis af nie. "
"Bietjie duur vir Suid-Afrikaners. Ingerig as 'n buitelander-toeristebestemming, maar nogtans baie lekker om tyd daar te spandeer."
"Dullstroom is 'n lieflike toeristedorpie met 'n atmosfeer en bekoring van sy eie, maar is absoluut buitensporig met die prys van alles wat te koop aangebied word."
"Verken die dorp en omgewing ook. Daar is meer as net die winkels in die hoofstraat."
"Very interesting town, enjoyed the visit, the laid back atmosphere, friendly people, good food and all the interesting shops. "
"Baie interessante winkeltjies, goeie verskeidenheid. Baie teleurgesteld in die Wafel-huis. Diens was hopeloos. Het na 'n 3/4 uur gevra om ons bestelling te kanselleer."
"Dullstroom het interessante snuffelwinkeltjies, maar ongelukkig geen ander aantrekkingskrag vir ons nie. "
"Dullstroom het soveel om te sien en doen! Het die resturante en klein winkeltjies en mense baie geniet! Sal beslis weer na Dullstroom toe gaan. 'n Plek met karakter! "