Geverifieerde Resensie
Gouritz
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gouritz bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 178 resensies.
"Gouritz is ons Desember-kampplek al vir baie jare, so ja, dit bly ons hartsplek, ons geniet die skoon strande, die rustigheid en netheid van die klein dorp."
"Lovely place, just a pity there aren't any activities for children, only swimming and the water was cold and rough."
"Gouritz en die omgewing is een van die mooiste kusdorpe wat jy kan kry."
"Baie rustige plekkie. Mooi strand by die mond, groot rivier om boot te ry of vis te vang."
"Gouritz is lekker stil, maar naby genoeg aan Hartenbos en Mosselbaai om aan te vul i.v.m. entertainment vir die kinders."
"Lekker om die see heeldag te kan hoor. Baie vriendelike mense in die omgewing. 'n Teerpad vanaf Gourits, Vleesbaai tot in Mosselbaai."
"Beautiful place and so we will be back. Very good and can be recommended for sure."
"Fantastiese kuierplek. Ons het een aand slegte wind gehad, maar dis deel van daardie deel van die kus."
"Pragtige plek. Nog nie so erg gekommersialiseer soos meeste plekke by die see nie."
"Strand is 'n paradys, ongelukkig gereën toe ons daar was. Wil graag die mooi gemerkte roetes stap. Was mal oor die ou huisies, sal graag meer oor die geskiedenis wil lees. Die nuwer wonings is goed versorg, dorpie lyk lekker besig. Die eienaar van ons blyplek ken haar omgewing goed en het aanbeveel dat ons die Albertinia boek aankoop - was beslis 'n goeie aanbeveling. Sy het ook haar plaaslike besighede aanbeveel (eetplek and wassery). Die Gourits inwoners is beslis trots op hulle plek!"
"Kom al jare Gouritz toe, was vir ’n lang tydperk nie daar gewees nie, maar dit bly maar my gunsteling plek."