Geverifieerde Resensie
Hoedspruit
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hoedspruit bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 417 resensies.
"Fantastiese plekke om te besoek: 4x4 by Mariepskop op en af, Reptielpark, Jessica die seekoei ens."
"Hoedspruit is 'n pragtige dorpie wat baie bied. Dis veilig en silwerskoon met oulike besienswaardighede bo-op die natuurskoon en reservate. Daar is gin tasting en 'n brouery en vele lieflike restaurante."
"Hoedspruit is 'n wonderlike klein dorpie met alles wat 'n mens benodig. Wonderlike winkels en restaurante. Die natuurskoon in en om Hoedspruit is asemrowend met die Blyderivier Canyon die hoogtepunt."
"Ons was daar vir 2 dae, en dit was ver te min tyd. Die area het soveel om te bied, en dit is beslis 'n bestemming om te gaan besoek."
"Hoedspruit is 'n baie rustige dorp met alles wat jy nodig het om jou vakansie onvergeetlik te maak."
"Baie goeie plek om dag of twee te spandeer op pad na Krugerwildtuin. Heelwat te sien en te doen, goeie winkels as jy lus is vir bietjie aandenkings koop, kwekerye en padstalletjies met natuurlik ook die berge en veld."
"Daar is baie besienswaardighede en baie om te doen, sal regtig die dorp aanbeveel."
"Baie interessante dinge om te sien om Hoedspruit, Moholoholo Rehabilitation Centre is 'n moet-sien."
"Mooi, skoon dorp, met wye verskeidenheid van besoekpunte en eetplekke en mooi besoekpunte in omgewing."
"Mooi dorp, net jammer vir die twee plakkerskampe in die dorp."