Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3450 resensies.
"As jy die regte tyd van die jaar gaan soos Sept/Okt is dit een van die mooiste plekke as jy lief is vir die natuur."
"Was baie beïndruk hoe groot die dorp was asook die winkelsentrum was 'n plesier om te besoek."
"Netjiese dorp en omliggende gebiede, maar die verkeer en meer so die taxi drywers maak dit onaangenaam. Die pad tussen Lydenburg en Polokwane is verskriklik! Veral vir 'n vrou wat alleen reis. "
"Dit is 212 km van Johannesburg suid en 'n bestemming wat ek weer wil beleef. Ek gaan 'n bietjie lees oor Thabazimbi want ek glo die geskiedenis sal ons meer inlig omtrent Thabazimbi."
"Bela-Bela moet egter bietjie werk daarvan maak indien 'n mens 'n mediese noodgeval het. Werklik nie op standaard nie."
"Jy het meer as 'n naweek nodig om Magoebaskloof en al sy weggesteekte prag te ontdek en te verken. En onthou om altyd 'n warm dingetjie in te pak, want die weer is baie onvoorspelbaar."
"Dit is 'n lekker dorpie. Nog platteland, maar voorsien aan alle behoeftes."
"God het Magoebas geskep vir die natuurliefhebber, dis awesome."
"Die streek is pragtig en ons was onbewus van die toerisme aktiwiteite. Volgende keer kuier ons langer!"
Balule Natuurreservaat, Limpopo
Roamers Rest Safari lodge"The roads are bad, you need a 4x4 or vehicle with high clearance."
"Het al voorheen by EL Shadai in Thabazimbi tuisgegaan. Baie beter opsie en bietjie meer privaatheid. Hou van die berge, restaurante en verskeie winkel sentrums."
"Ons was nog nooit in daardie omgewing nie en was aangenaam verras. Dit is pragtig daar en die mense is baie vriendelik. Ons is voëlkykers en ek dink daar is baie geleenthede vir toerisme en veral voëlkykers. Die Mogolrivier wat so naby is, maak dat daar heelwat voëls is."
"Thabazimbi is besig om te blom met al die verskillende lodges wat opgerig word. Thaba is besig om naam te maak in die toerismebedryf."