Geverifieerde Resensie
Lydenburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lydenburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.6 uit 5 gekry volgens 175 resensies.
"Daar moet dringend werk gemaak word aan die paaie. Paaie is op party plekke onbegaanbaar a.g.v. slaggate."
"Die pad tussen Dullstroom en Lydenburg is 'n nagmerrie. Baie groot skade aan ons voertuig. Enorme slaggate, wees versigtig."
"Van Trout River Falls as toeristebestemming: ja, maar glad nie in die dorp self nie."
"Dorp se paaie is vol gate soos baie ander dorpe s'n, so Lydenburg is nie 'n uitsondering nie. Slegs een nag oorgeslaap in Lydenburg."
"Lydenburg itself isn't the nicest of towns. If we would use the same route, we'll stay @ Big Boma because it's out if town."
"It's a perfect stop if you are heading to Kruger or Hoedspruit and want to split the trip into 2. The Jamjar Lounge is a great place for dinner. Just around the corner from Adelpracht."
"Ek sal nie in die dorp self wil tyd spandeer nie, dis in sekere opsigte vervalle met meer slaggate as teer op party plekke. Die mense was egter vriendelik. Ons sal in die toekoms eerder buite die dorp gaan bly."
"Paaie is in 'n ontsettende slegte toestan. Omgewing is nie aangenaam nie. Dullstroom wat nie te ver van daar af is nie, is ongelooflik mooi en skoon. Baie interessante dorpie."
"Jammer dorp se paaie word nie onderhou nie en drinkwater nie veilig nie, maar ligging tussen berge baie mooi"
"Die doel van my besoek was om te sien waar my voorsate gebly, opgegroei, getrou en gedoop ens. was. Glad nie gekonsentreer op toeristeplekke nie."
"Lydenburg is stunning for anyone wanting to get away from the hustle and rush of everyday life."
"Lyden is mooi en die omliggende omgewing nog mooier. Dit was bietjie ver vir my om te ry, maar dit was die moeite werd. Ek sal graag wil gaan indien ek meer tyd het. Die dorpsmense is warm en vriendelik. Daar is baie mooi eetplekkies en dit pad is goed ten spyte van die slaggate. Ek het 'n paar plekke stil gehou en foto's geneem."