Geverifieerde Resensie
Melkbosstrand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Melkbosstrand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 293 resensies.
"Pragtige, rustige wegsteek plekkie om te bly. Strand is skoon, vriendelike mense. "
"Enige Gautenger se droomvakansiebestemming, binne bereik van die Weskus, Kaapstad en talle besienswaardighede."
Van Riebeeckstrand, Melkbosstrand
Atlantic Loft"Lekker seedorpie met wonderlike restaurante, naby genoeg aan Kaapstad maar ver genoeg om die rustigheid van die area te ervaar."
"Om te sê ek en my man was aangenaam verras met Melkbos Studio sal nie begin om te beskryf hoe ongelooflik lekker ons verblyf daar was nie! 'n Mens is letterlik (soos in regtig-egtig) net 'n klipgooi van waar die eerste branders breek. 'n Pragtige bestemming met uitstaande geriewe en fantastiese gashere wat uit hulle pad gegaan het om dinge vir ons so gemaklik en lekker moontlik te maak. Hulle sien ons beslis weer!"
Van Riebeeckstrand, Melkbosstrand
Melkbosstrand Beach Cottage"Lekker gesit en kuier by die damhuis en die hele dorp en strandgebied is skoon en baie netjies! "
"Melkbos het 'n wonderlike strand om te speel, maar ook om vir 'n lang stap te gaan. Die winkelgeriewe is uitstekend en die restaurante goed maar neig na die duur kant toe."
"Netjies en skoon area. Maklik om Kaapstad toe te gaan. Baie eetplekke en geriewe. Strande is skoon en groot."
Van Riebeeckstrand, Melkbosstrand
The Beach Villa"Ongelooflike mooi, oop strand. Pragtige uitsigte."
Van Riebeeckstrand, Melkbosstrand
Beach Apartment and Studio"Dit was so mooi om mense met hulle honde op die strand te sien loop. Dit is puik."