Geverifieerde Resensie
Escape From Durban
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Durban bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 9016 resensies.
"Ons eerste keuse vir 'n seevakansie was nog altyd Ballito. Met die Lifestyle centre en die Ballito junction reg oormekaar is daar 'n verskeidenheid winkels en restaurante om op reënerige dae jouself mee besig te hou. Voorwaar n lekker vakansie dorp!"
Marina Beach, Ontsnap Uit Durban
San Lameer Villa 2516"Baie lekker en veilige strand, solank geen groot busse, ens. daar toegelaat word nie. "
Oribi Gorge Natuurreservaat, Ontsnap Uit Durban
Beechwood Cottage"Vir seker die beste vakansie vir 'n avonturier - so baie om te doen in die pragtige omgewing!"
Margate Beach, Ontsnap Uit Durban
Boulevard 113"Margate is altyd lekker! Ongelukkig was ons slaap maar min met die nagklubs wat tot soggens 4:00 lawaai. Die mense in die strate, tydens nagklubure neem nie in ag dat ander vakansiegangers moontlik 'n goeie nagrus benodig nie. Veiligheid saans is ook 'n kommer. "
Zimbali Estate, Ontsnap Uit Durban
13 Yellow Wood"Zimbali Estate is a peaceful place to be with good facility for kids and adults. Feels like you are connected with the nature.I had heard about Zimbali and glad got a chance to visit and experience it."
"Hou van hul besigtighede naby, hul winkels is heeltemal op standaard. Was 'n plesier om te gebruik. Ook hul besigheidsure was baie gerieflik."
St. Lucia-riviermonding, Ontsnap Uit Durban
Stone Ridge Luxury Self-Catering Units"Sy Lucia is 'n puik bestemming. Ons sal verseker weer daarheen gaan."
Sheffield Beach, Ontsnap Uit Durban
Rod's View"‘n Ongelooflike lekker plekkie! Naby aan alles en genoeg om jou besig te hou indien jy nie die strand geniet nie. Kon lekker gaan draf en stap. "
St Michael's-on-Sea, Ontsnap Uit Durban
Falling Waters Guest Lodge"Beter as Margate, ens. gedurende “peak” tye. "
Palm Beach, Ontsnap Uit Durban
Palm Beach Holidays"Skoon, netjiese strand veilig met strand polisie Kort dalk net meer geriewe soos bankies."
Margate Beach, Ontsnap Uit Durban
Santorini 302a"Die wind het baie gewaai, maar ons het steeds geswem in die koue en het sie strand geniet!"
Margate North Beach, Ontsnap Uit Durban
Anguna Holiday Flats"Skoon water selfs met baie reën. Mooi oop strand en daar was nooit te veel mense vir die strand nie."
Meer-en-See, Ontsnap Uit Durban
The Crayzee Fish Guest House"Uitstekende visvang-bestemming. Die yacht club is baie netjies en akkommoderend vir kinders. Alkant strand kort ordentelike toilet geriewe wat werk, met 'n behoorlike kafeteria om iets te kan koop om te eet en te drink. Dalk weens die fees seisoen, maar die grasperk voor die strand was besoedel met gebreekte glasstukke."
"Die hoofstrand is onbegaanbaar meeste van die tyd en ons is glad nie in kennis gestel daarvan nie!"
"Ek dink die swemstand is baie klein en daar is nie stap geleentheid op die strand nie."
Banner Rest, Ontsnap Uit Durban
Far Horizon Eco Lodge"See is baie lekker, maar daar is min plekkies om by te eet en die selfoonsein is plek-plek redelik swak."