Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Escape From Cape Town

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.

Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad

The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation

"Dis 'n pragtige dorpie met ongelooflike talent. Aandete by die Karoo Art Hotel was 'n hoogtepunt. "

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Gerty’s Anchor

"Rustig, strate is skoon en ons het veilig gevoel."

Britanniabaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Kestrels View

"Dit is 'n ontsaglike lekker kusdorpie om in te kuier en so rustig so dis die perfekte plekkie om heen te gaan as wil ontspan."

Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad

Moolmanshof Main House and Self-Catering Accommodation

"'n Mooi en skoon dorp, nie net met wonderlike erfenis nie, maar ook vir die natuurliefhebber. Vooraf navorsing ten opsigte van die geskiedenis en omgewing sal baie bydra om beter waardering te hê (toerismekantoor was gesluit). "

Agulhas, Ontsnap Uit Kaapstad

Summer Place B&B

"'n Dorp met 'n aangename atmosfeer wat aan die verwagtinge van 'n klein kusdorp voldoen. Die hoogtepunt om aan die mees suidelike punt van Afrika te staan (met foto as bewys!), was 'n besondere ondervinding. Agulhas Nasionale Park verdien ook erkenning vir die uitstekende omgewing en fasiliteite wat hulle geskep het! "

Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad

Mi Phika

"My favourite holiday destination on the West Coast."

Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad

32 Beach on First

"Daar is beslis 'n mark vir 'n groter geriefswinkel."

Montagu, Ontsnap Uit Kaapstad

Montagu Springs

"Great customer service. "

Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad

Droomvanger

"Baie mense, vriendelike omgewing, wonderlike uitsigte. 'n Plekkie om heerlik net te ontspan."

St. Helenabaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Fletchers Cove

"Winkels en eetplekkies maak baie vroeg toe en paaie is nie watwonders nie. Nie dieselfde lekker Weskus-gevoel as Paternoster nie. "

Stilbaai-Wes, Ontsnap Uit Kaapstad

Die Houthuisie

"Baie rustige atmosfeer en mooi omgewing."

Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad

On the 18th

"Lekker gekuier by 4 Cousins."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Tietiesdraai

"Verfrissend anders en beslis die moeite werd. Die argitektuur en spierwit dakhuisies is uit 'n ander wêreld."

Witsand, Ontsnap Uit Kaapstad

The Beach Flat

"Witsand is die perfekte ligging vir vakansiegangers wat wil wegbreek van die besige stad en winkelsentrums. Perfek vir vissermanne en ontspan op die strand met 'n boek. Nie baie winkels en restaurante beskikbaar nie, so pak die nodige kruideniersware in. Moenie verwag om hier meer te doen as net rus en tyd op die strand te spandeer nie, aangesien hier min besienswaardighede en uithangplekke is."

Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad

50 White

"Robertson as dorp het ons voete onder ons uitgeslaan. Ons het lanklaas 'n klein dorpie in SA gevind wat so op die bol is soos op Robertson. Die dorp het baie gegroei sedert ons 4 jaar gelede by Bourbons gaan eet het. Die Spar was 'n belewenis en 'n lushof om by te gaan inkopies doen. Postnet se koffieplekkie en kreatiewe uitleg is pragtig. De Bakkerij is kreatief en oulik! En dan het dit ons opgeval hoe mooi die meeste van die dorp se huise versorg en gerestoureer is om by die boustyl van die dorpie te bly. Die imposante gebou van Four Cousins restaurant het my erg beïndruk en die Sondagmiddag atmosfeer was vreeslik lekker! Net jammer daar was nie genoeg tyd om by al die koffiewinkels en wynplekkies te gaan inloer nie. Selfs die Hospice winkel het beïndruk. Baie dankie. Ons kom weer kuier!"

Bonnievale, Ontsnap Uit Kaapstad

BakenOord

"Bonnievale moet een van die eerste plekke wees waar jy 'n naweekwegbreek uit die stad gaan soek! So baie opsies vir verblyf en aktiwiteite rondom die Breërivier."

McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad

Maggie's Gift

"Pragtige juweel van 'n klein dorpie baie interessante mense, plek om wel te gaan eet by is Farmers Table, kos was vars en goed voorberei met persoonlike aandag, klein restaurant wat ek hoop nog daar sal wees as ons weer gaan."

Agulhas, Ontsnap Uit Kaapstad

Rus 'n Bietjie

"Ons gunsteling bestemming, sal oor en oor soontoe gaan!"

Stanford, Ontsnap Uit Kaapstad

Laughing Waters Farm

"Quiet and unassuming with pleasant surprises on each corner, especially when it comes to some delicious food choices."

Tulbagh, Ontsnap Uit Kaapstad

Witzenberg Country Inn

"Het die omgewing geniet en die besoeke aan die wyn- en olyfplase."

Brandwacht, Ontsnap Uit Kaapstad

Feel @ Home

"Fantasties stil, weg van die besige dorp. Pragtige strate, groot ou bome."

Tulbagh, Ontsnap Uit Kaapstad

Mont Rouge Cottages

"Altyd lekker op Tulbagh. Tulbagh Hotel vir 'n Sondagmiddagete is 'n goeie keuse."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Phoenix 2

"Paternoster is ons sielsplek! Gaan kuier al 15 jaar daar!"

Blad
Blad 603 - Wys 18061 tot 18090

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang