Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Astrandt 2"Pragtige, oop, skoon strand, skilderagtig met vissersbootjies. Die Skatkis Lodge het 'n diamantuitsig oor die baai en Blikkies se pizza's is lekker. Die water is knersderm koud. Die huisies het oorspronklike name."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
LeRens Haven B&B"Netjiese Spar in Yzerfontein met alles wat jy benodig."
"Paarl self is nie so mooi soos Franschhoek en Stellenbosch nie, maar dit het sy eie charm."
"Toeristedorpie met 'n tuisdorp gevoel. Jy word deur almal as deel van die familie hanteer."
Pringlebaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Dreams"Die strand is mooi skoon, stil en lekker om op te stap, maar die dorpie self word nog ontwikkel en is maar treurig. Eiendomme word deur draad geskei, so daar is geen privaatheid nie."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
State of Grey"Wonderlike wegbreekligging. Nie buitensporig ver buite Kaapstad nie. Besienswaardige dorpe (bv. Paternoster) 'n kort rit weg. Ons kom weer!"
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
A103 Whale Cove"Fantastiese plek. Net die vis en chips kafee op die hawe wat mense uitbuit met hulle pryse van goed wat nie eens watwonders is nie."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Flamink Beach View Cottage"'n Regte vissersdorpie wat jou tuis en veilig laat voel. 'n Stukkie paradys."
Fisherhaven, Ontsnap Uit Kaapstad
Our Little Cottage"Baie rustige omgewing. Vriendelike mense en die lekkerste pizzas by die Pub and Grill restaurant."
"Struisbaai is die vakansieplek. Het al baie in karavaanpark gestaan. Die naweek het ek en my seun 'n visvangkompetisie gehad."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Blaasoppie"Baie gewilde naweek en vakansieplek. Goeie restaurante en oop strande maak dit lekker vir 'n gesin en vriende om 'n naweek weg te geniet."
Prince Alfred Hamlet, Ontsnap Uit Kaapstad
Rhodene Farm Cottages"Dis 'n baie klein dorpie en hy is beperk in wat hy kan aanbied."
"Charming and beautiful little town, also wonderful for outdoor enthusiasts. I love returning to Greyton for a visit."
"Grabouw se natuurskoon is onverbeterbaar. Ons het nie rondgery nie en het sommer op die heerlike stoep gesit en gerus - en die 2 roofvoëls wat daar in die omgewing is dopgehou."
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
Alpaca Cottage"One of my favourite places to visit in the Western Cape."