Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Stellenbosch Sentraal, Ontsnap Uit Kaapstad
Eendracht Apartments"'n Unieke omgewing en spesiale atmosfeer met heerlike restaurante, interessante winkels en kunsgalerye. By dit alles 'n wonderlike botaniese tuin alles loopafstand!"
Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
See-Struis"Oos en wes, Stilbaai is pragtig met daardie "hier sal ek graag wil bly"-gevoel. "
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Betta Sleep Overnight Rooms"Die huise ontpop in Yzerfontein soos bossies! Baie geluk met die groei van vakansiegangers wat na julle dorp toe kom. Ons sal ook weer kom besoek. "
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Misty Waves Boutique Hotel"Hermanus glo ek spreek vir homself, dis ooglopend aan die voorkoms van die area. "
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Visvanger"Ons het Paternoster besoek in hulle af seisoen so daar was 'n hele paar plekkies wat toe was, maar dit was nie 'n probleem nie. Die see is ongelooflik mooi en dit is dalk een van die redes dat ons bietjie teleurgesteld was, want die see word nou so toegebou deur dubbelverdiepings. Die dorpie se plaaslike mense intimideer 'n mens bietjie, want maak nie saak waar jy uitklim nie die mense storm op jou af om goed te verkoop en is dan regtig snaaks as jy nie iets vat nie. Ons was 'n paar keer benoud in daardie opsig. Daar is ook by ons vakansiehuis ingebreek en behoorlik buit gemaak op ons goedjies. Ek dink daar moet bestee word aan 'n tipe van 'n reaksie mag wat in Paternoster gestasioneer is en wat onmiddellik kan optree as iets gebeur of dalk sal selfs net die teenwoordigheid van so iets in die dorp die diefstal bietjie kniehalter. Verder was die plekkies wat ons besoek het baie oulik, maar het ons gevind dat baie van die plekkies se eienaar baie kortaf was. Baie mooi plekkie, was net nie so idillies soos van ouds nie, "
St. Helenabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
G&T on the Rocks"Die dorpie kan nog en het baie potensiaal om uit te brei en meer te bied. Meer aktiwiteite soos watersporte of 'n gholfbaan of ander unieke aktiwiteite moet gebied word wat meer mense na die dorp sal lok."
Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Damhuis"Rawsonville is goed geleë om omliggende wynplase te besoek. Die dorp self het nie regtig veel om te sien nie."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Plaashuisie"Bontebok National Park is 'n moet besoek vir die wat die natuur geniet en waardeer."
Stellenbosch Sentraal, Ontsnap Uit Kaapstad
Eendracht Hotel"Ek sal weer en weer terugkom, ons beplan alweer ons volgende wegbreek."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Rising Wave"Lekker rustig en almal daar is baie vriendelik. Sal enige tyd weer daar gaan vir verlof. "
Moorreesburg, Ontsnap Uit Kaapstad
Witklip Guest Farm"Nie veel om daar te doen nie, maar Riebeeck-Kasteel is lekker naby. "
"Pragtige dorpie! Moenie die plaaslike "craft" bier en die wandelroetes mis nie, hulle is beslis die moeite werd!"
"Ek dink dis 'n baie mooi toeristebestemming. Dis buite die geraas van Kaapstad en baie rustig."
Wellington, Ontsnap Uit Kaapstad
La Rochelle"Mooi dorpie en nogal baie om te besoek in die omgewing."
"Sentraal geleë. Vakansie-gevoel. Skoon met addisionele aktiwiteite ingesluit."
Blouwaterbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Eagles Rest OLD"It is a beautiful travel destination and has nice places to visit and dine at."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Paella"Kreef verkopers is baie opdringerig, en laat jou soms ongemaklik voel. Maar as dit jou nie pla nie, is dit heel lekker."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
De Kroon"Ons hou regtig baie van Jocobsbaai en spandeer ten minste 1 naweek elke jaar daar. Sien uit na volgende jaar!"
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
Lekkerus"'n Pragtige asemrowende plek. Die winkeltjies het sulke pragtige goedjies. Wat my opgeval het, is hoe mooi skoon die hele dorp is. "
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Sea La Vie"Langebaan was en sal altyd mense se toeristebestemming wees."