Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
"A beautiful little village surrounded by mountains that you feel you can reach out and touch. So nice to walk around and plenty of lovely restaurants to spoil yourself. "
Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Bellevue Resort - Unit 10"Sjoe dis netjies, stil soos die naam, maar lekker rustige omgewing en die mense is oor vriendelik en dit is wat dit so lekker maak. Gesels maklik met enige iemand in Stilbaai. "
Vredenburg, Ontsnap Uit Kaapstad
Golden Key Guesthouse"Alhowel ek Vredenburg nie as n toeristebestemming sal beskryf nie, is die dorp netjies, skoon en die mense vriendelik. Dit is wel baie sentraal tot ander toeristebestemmings soos Paternoster, Jacobsbaai, Saldanha en St Helenabaai."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
The Hideaway"Heerlik met fietse vroeg in die oggend gaan ry, baie veilig en ongelooflik mooi."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Arangieskop Guest House"Ek is beïndruk met die dorp se algemene voorkoms. Lyk na 'n lekker plek om te bly."
Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Aitsa!"Goeie "vibe" ten spyte van tydelike "stop-and-go" op toegangspad vanaf Riversdal."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Belle Vue Self-catering Accommodation"#Rus #Vrede # Ontspanning #Plekwaarjousielkanasemhaal"
"Rustige dorpie met geen winkels. Slegs 2 kafees met net die nodigste. Ideale plek om weg te kom van die stad en te ontspan en rus."
Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
19 Uitsigs Street"Rustig en ontspanne plek. Al die mense in die dorp groet en is vriendelik. "
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
By Grace"Die eerste eetplek waar ons parkering kon kry het ongelukkig nie kaartgeriewe gehad nie. Reg gekom by Lulas waar die kos baie lekker was."
Kleinbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Great White Accommodation"Rustig en vreedsaam. Lekker plek vir Birding, stappies, draffies en fietsry!"
Dwarskersbos , Ontsnap Uit Kaapstad
Coco Self Catering Units"Dwarskersbos het die lekkerste en veiligste see in die Weskus. Eg Weskus soos ek daarvan hou. Hoop nie dit raak ooit besiger nie."
Jongensfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Tidal Pools Self-catering Apartments"Pragtige kusdorpie met vele aktiwiteite vir die hele familie."
Velddrif, Ontsnap Uit Kaapstad
Skipskop 1"Dit was so lekker, rustig, almal is vriendelik en hul OK was goedkoper as wat ek in die Kaap sou betaal!"
Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad
Sandbaai Strandhuis"Sandbaai is naby Hermanus met sy woeligheid, restaurante, ens. vir die wat daarvan hou. Maar Sandbaai het ook 'n winkel naby met alles onder die son wat jy mag nodig kry. Lekker sementpaadjie teen die see vir stap, duikplek, swemplek. O ja, en walvisse in die baai!"
Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Seeperdjie @ Lieflappie"Pragtige kusdorp weggesteek duskant die N2 met n asemrowende strand, hawe en natuurreservaat. Rustige klein plekkie uitgeknip vir vakansies met familie en vriende; winter of somer."