Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6810 reviews.
"We like it as we have stayed here often with friends and family in their houses."
"Dit is beslis die moeite werd om die Harold Porter Botaniesetuin te besoek. Die Leopards Kloof wandelpad word beslis aanbeveel vir energieke stappers."
"Hermanus is en bly my gunsteling bestemming vir wegkom. Die dorp voorsien egter aan 'n mark wat dit net te duur maak vir die "gewone" man. Restaurante is baie mooi, maar die kos en drank te duur vir kwaliteit wat uitgestuur word. Ons was teleurgestel in 2 bekende restaurante."
"Pragtige, rustige plek met baie vriendelike mense en pragtige strande."
"Hemmingways book store is a real gem! And Fisherman's Cottage a great place to have Sunday lunch! "
"'n Juweel van die Overberg. Trotse bestemming om mee te spog by enige buitelandse gas."
"Ons was slegs dames vir die naweek, maar het baie gaan stap sonder om enigsins onveilig te voel."
"Dit is beslis 'n rustige plek om na weg te breek uit die gewoel van die stad se gejaagdheid. Niemand is onnodig haastig nie en die tydjie daar is siel's verkwikkend."
"Oulike dorpie met 'n rustige atmosfeer en pragtige natuurskoon met die berg so naby. Perfek om bietjie rus vir jou siel te kry met net die nodigste winkeltjies."
Hemel-en-Aarde Valley, Overberg
High Season Farm Luxury Cottages"Net die forel visvang was sleg. Niks gevang in die 4 dae, maar dit was by Sumaridge se dam."
"Dit is 'n bietjie afgeleë, alhoewel dit 'n lekker stapstrand het, mits die weer goed is."
"Lekker om tyd daar deur te bring. Kry die gevoel van dat dit is die "hoër stand" wat hier uithang."
"Om verseker 'n draai by Pili Pili restaurant te maak en om 'n uur of twee op 'n bankie by die hoofstrand stil te sit en die baljarende walvisse dop te hou! Asemrowend! Die Breederivier is ongelooflik mooi. Witsand is 'n besonderse destinasie om te ontspan."
"Heerlike vibe in die dorp, ideal vir 'n naweek wegbreek of langer. Desember is egter 'n malhuis daar."
"Gansbaai is 'n rustige still dorpie. 'n Heerlike wegbreek plekkie, weg van al die stad se lawaai."
"Perfect place if you simply want to relax, recharge your batteries and live the slow life for a while. "
"Die wind waai baie sterk en die hoofpad waarop meeste huise geleë is, is baie besig. Dit is steeds 'n lekker uitrus plek."
"Die dorp self het nie baie opsies vir uiteet en inkopies nie. Peregrine padstal is wonderlik en sommer op die pad soos jy inkom. "