Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 10751 resensies.
"Ek sal ander toeriste aanbeveel om gerus hierdie plek te gaan besoek. Dis 'n baie rustige omgewing waar jy lekker kan rus en ontspan. "
"Daar was meer rondlopers rondom die winkels as met ons vorige besoek in Kleinmond ."
"Bredasdorp is 'n stil dorp en nie regtig geskik vir toeriste wat van baie bedrywighede hou nie. Daar is 'n Skeepsmuseum maar as jy baie meer wil sien, moet jy bereid wees om te ry. Dit is 'n goeie plek as jy net van die stadsgejaag wil wegkom en wil rus."
"ideale plek as jy will wegbreek van die besige stadslewe en net wil rustig wees by die see."
"Dis 'n pragtige vallei met allerlei paaie om te verken! Ons het die heerlike pizza en wynproe by Highlands Road Estate baie geniet, asook die lekker ontbyt by Rojaal teekamer. Ons sal graag weer gaan."
"Elgin is mooi, stil en skoon met vars lig om in te asem. Pragtige plase."
"Dit is 'n pragtige dorp met die vriendelikste mense. Ek kan nie wag vir my volgende besoek nie."
"Aangename en baie interessante plek om te eksploreer, veral De Kelders en die hawens. Blue Room Restaurant uitstekend! My steak (Espetada) lekkerste wat ek in 5 jaar gehad het - 'dinner' daar die hoogtepunt van ons besoek."