Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Overberg

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 10751 resensies.

Gansbaai, Overberg

Ons C-huis

"Mooiste kusdorpie!"

Napier, Overberg

El Gallo Guest Accommodation

"Napier is 'n pragtige dorp met uitstekende restaurante. Dit is beslis 'n besoek werd. "

Hermanus, Overberg

Oude Schuur Boutique Accommodation

"Mooi omgewing en baie plekke om te besoek."

Bredasdorp, Overberg

Annies Cottages

"Lekker sentraal geleë, wat dit ideaal maak om die interessante omliggende dorpe te besoek. Ek het my hart in Struisbaai gelos, net 28 km af in die pad van Bredasdorp af."

Swellendam, Overberg

Lalapanzi Country Cottage

"Vriendelike dorpie. Vriendelike mense."

Kleinmond, Overberg

Dankbaar

"Pragtige plek, beveel dit definitief aan vir mense om die pragtige plek te besoek."

Hermanus, Overberg

Hermanus Beach Club Penthouse 153

"Hermanus is 'n groot toeriste bestemming wat nie vir Suid-Afrikaners is nie."

Witsand, Overberg

Ittledoo

"Lieflike en rustige dorpie langs die kus, sal weer teruggaan, ideaal vir 'n vakansie en vir die vissermanne."

De Kelders, Overberg

Whale Cove B106

"Baie rustige plek vir onderwysers wat wil wegbreek om jul koppe skoon te kry. Wandelpaadjies en netjiese omgewing. Geen mense wat te uitbundig is nie. Baie goed vir mense wat nie van baie lawaai hou nie."

De Kelders, Overberg

White Whale

"Pragtig, mooi uitsigte en staproetes! "

Bredasdorp, Overberg

Jack's Place

"Lekker gesellige stadjie!"

Bredasdorp, Overberg

Old Sam's Cottage

"Baie netjiese dorp."

Hermanus, Overberg

Roofers Nest Guest House

"Hermanus is een lieflike dorp met gawe mense en die mooiste see-uitsigte ooit!"

Bredasdorp, Overberg

Ou Werf

"Hierdie dorpie is lekker sentraal vir uitry na die verskillende strande toe. Sal definitief weer daar 'n draai maak."

Silversands, Overberg

The Water Mongoose

"As ons nou praat van die naaste strand, was die parkering daar 'n nagmerrie. Dis baie klein en beperk wat daartoe gelei het dat die bestuuder langsaan ons haar deur teen ons voertuig gestamp het. Die toilette daar laat veel na wense oor, bv. geen storte om die sand af te spoel na jy van die strand terugkeer nie. Andersins was die strand pragtig, vreedsaam en skoon. "

Gansbaai, Overberg

28 Kolgans

"Alhoewel Gansbaai nie self 'n swemstrand het nie, was dit vir ons heerlik om die omliggende strande te verken: Stanfordbaai (met 'n grasperk as 'n strand!), Kleinbaai, Franskraal, Pearly Beach, Hermanus, Danger Point, ens. Gansbaai is ongetwyfeld die haaihokduik-Mekka van Suid-Afrika (ongelukkig net baie duur vir plaaslikes - tussen R1450 en R1800 per persoon!) en die rehabilitasiesentrum vir pikkewyne is definitief 'n besoek werd. Ons was gelukkig om te kon beleef hoe 10 pikkewyne weer in die oseaan vrygelaat is! Ongelukkig is 'n besoek aan Dyer-eiland ons nie beskore gewees nie aangesien die pryse vir 'n bootrit daarheen begin by R1000 per persoon. Daar is egter genoeg winkels op die dorp om alle benodighede aan te skaf. Ons beveel baie graag die 'The Great White House'-restaurant in Kleinbaai vir 'n onvergeetlike ete aan! Ons sal Gansbaai en sy mense onthou vir hulle ongelooflike hartlikheid en vriendelikheid en hoop om weer in die toekoms daar te kan vakansie hou."

Greyton, Overberg

Via's B&B

"'n Wonderlike dorpie om van die res van die wêreld te vergeet."

Kleinbaai, Overberg

Whale n Shark Accommodation

"Die restaurant daar is fantasties. As jy hou van haaihokduik, dan is dit die regte plek."

Swellendam, Overberg

33 Berg Self-Catering

"Beautiful buildings and scenery, a must see for anyone on the wine route."

Witsand, Overberg

Breede River Lodge

"Kry karwasplekke, want daar is 'n tekort."

De Kelders, Overberg

On the Rocks B&B

"De Kelders is so 'n netjiese en stil dorpie – voorwaar 'n rusplek vir die gejaagde persoon van die stad. Vriendelike mense en baie hulpvaardig."

Hermanus, Overberg

Fisherhaven Traveller's Lodge

"Hermanus is regtig 'n mooi plek en baie rustig. Baie besienswaardihede en dinge om te doen! Ek voel dat daar nog moeite gedoen kan word aan die diversiteit van die omgewing. "

Agulhas, Overberg

Marlyn 39

"Our family have left our hearts in Struisbaai. We loved every single holiday and we always look forward to coming back."

Arniston, Overberg

Arniston Guest House

"Dit is die heel mooiste geheim in Suid-Afrika. Dit is voorwaar 'n plekkie waar 'n mens weer kan mens word."

Witsand, Overberg

Breede River Lodge

"Witsand is asemrowend. Klein dorpie met baie voordele."

Agulhas, Overberg

Potpourri Stay

"As jy 'n 4x4-voertuig het, kan jy die Nasionale Park besoek. Dit is 'n groot aanwins en belewenis vir 'n heerlike vakansie. Pragtige dorpie, baie om te doen, vriendelike mense, naby Struisbaai, en sou jy nog wou beleef is Struisbaai se hawe pragtig en bied 'n mooi swemstrand. "

Witsand, Overberg

Barnacles

"Witsand is 'n pragtige plek en ek het absoluut my hart daar verloor. Ek beveel dit sterk aan."

Swellendam, Overberg

Flametree

"Baie mooi dorp met mooi geboue, en die museum is baie interessant. "

Swellendam, Overberg

Moolmanshof Main House and Self-Catering Accommodation

"Pragtige dorpie met vele restaurante en vriendelike mense."

Blad
Blad 321 - Wys 9601 tot 9630

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang