Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Overberg

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 10751 resensies.

Villiersdorp, Overberg

De Villiers Country Lodge

"Die mense is absoluut gasvry en vriendelik. Elke persoon wat ons teëgekom het, het ons gegroet. Hulle was bewus ons is gaste in hul dorp."

Gansbaai, Overberg

Lala Phanzi

"So mooi, net nie genoeg tyd vir alles nie. Sal definitief weer gaan."

Hermanus, Overberg

24 Whale Rock Estate

"Hermanus is 'n pragtige plek met baie om te doen en heerlike eetplekke! Die dorp word goed bestuur en ek sal enige een aanraai om die dorp te besoek! Sal beslis gou weer kom!"

Caledon, Overberg

The Robin Cottage

"'n Uitstekende wegbreekdorpie."

Kleinmond, Overberg

Berg en See

"Awesome vakansie dorpie met heerlike eetplekke, en al die winkeltjies! Sal weer en weer kom. "

Swellendam, Overberg

Impangele

"Het die dorp baie geniet."

Bonnievale, Overberg

Modderkuil Game and Guest Farm

"Heel sentraal geleë om by wynlande, vrugte en diesmeer in die omgewing besoek af te lê."

Struisbaai, Overberg

At Patat Cottage

"Mal daaroor gewees en die mense wat daar bly is net so great. Ons het 4 restaurant in Struisbaai besoek en een in L'Agulhas. 55 knots, Michael Collins, Pelican Harbour, Sea Shack en Twisted Fork. By almal ontsaglike goeie diens gekry en baie vriendlike personeel sowel as bestuurders/einaars. Well done aan die Pelican Harbour Café se bestuurder - hy was absoluut 'n vreugde om mee kennis te maak en dan sal ek sê uit die 5 uit is Sea Shack die beste waarde vir geld. Almal was great, maar ek moet die twee punte uitlig. Daar is so baie om te doen in die omgewing so ons sal moet terugkom."

Kleinmond, Overberg

The Wild Fig Guest House

"I am a resident in Betty's Bay and enjoyed the evening away from home."

Swellendam, Overberg

Elianthe's Guest House

"Die kerkgebou van die NG Kerk en die pragtige tuine daar rondom is 'n besienswaardigheid wat mens nie moet verbygaan nie."

Agulhas, Overberg

The Gift

"Heerlike kuierplek!"

Struisbaai, Overberg

Vidi's Place

"Pragtig, skoon en veilig."

Swellendam, Overberg

Die Skaapkraal

"Swellendam is in 'n pragtige omgewing geleë en binne bereik van die natuurskone Boland en Klein Karoo. Heelwat te sien in die Swellendam omgewing self."

Agulhas, Overberg

À La Mer

"Agulhas is 'n pragtige rustige plek, met baie vriendelike mense. 200% vir toeristebestemming!"

Agulhas, Overberg

Rus 'n Bietjie

"Agulhas het bietjie van alles."

Witsand, Overberg

The Whale View

"Hoekom is ek nie nog daar nie?"

Hermanus, Overberg

Pat's Place

"Ons het gaan eet by Lemon Butta! Wonderlike menu. Beveel beslis aan."

Kleinbaai, Overberg

Ridge Road

"Baie netjies, veilig en skoon. As jy stilte soek dan is dit die regte plek om te wees, sal definitief weer daar besoek gaan aflê."

Struisbaai, Overberg

At Patat Cottage

"Mooi en klein dorpie, moeite werd om die ligtoring uit te klim en al die pad te ry tot by Suiderstrand, mooi landskap en ryk in geskiedenis. Gaan eet vis en chips sommer by die hawe, gevolg met softserve roomys! Ontmoet die local 'sting rays' wat in die middae kom vis eet in die hawe, mooi belewenis. Min om te doen, maar dit is die punt! Aan Langezandt Fisherman's Village (At Patat) se kant is die strand poeierwit, en aan Kaap Aghulas se kant groot pebbles met rots formasies, twee mooi konstraste. Sal enige tyd weer gaan."

Sandbaai , Overberg

Ocean Song Self Catering

"Dit is 'n netjiese omgewing en die bewaring daarvan word baie benadruk - dit is baie belangrik. Sandbaai is 'n kosbare plek en iemand wat lief is vir die see en seelewe sal lekker hier vakansie hou. Neem 'n verkyker saam. Stap baie en geniet die natuurlewe in die see maar sowel langs die see. Gebruik die rustigheid van die plek en neem jou tyd met die ontdek van al die andersheid as wat 'n besige stad jou kan bied. Bly uit die winkels en sien die pragtige natuurskoon so ongerep raak."

Sandbaai , Overberg

Sandbaai Country House

"Puik ligging en dienste."

Suurbraak, Overberg

Bibi's Joy Self-catering House

"Baie stil dorpie. Ideaal vir die wat wil wegkom van als en almal."

Kleinbaai, Overberg

xxxxxxxxxxxxxxxxxx

"Kleinbaai is wat hy sê. 'n Klein baai. Baie rustig en stil. Vriendelike mense. As jy wil inkopies doen is Gansbaai net om die draai."

Kleinmond, Overberg

Goedemoed

"Kleinmond is 'n mooi dorp met alles wat 'n vakansieganger vereis. Die bewarea teenaan die strand is pragtig. "

Bettysbaai, Overberg

Betty's Bay Holiday Home

"Bettysbaai is 'n besondere mooi plek. Net jammer die verblyf het so 'n wrang smaak in die mond gelos."

Hermanus, Overberg

Protea 29

"Onrus, waar die huis is, was vir ons lekkerder om te kuier as Hermanus self."

Swellendam, Overberg

Old Thatch Lodge

"Swellendam is 'n wonderlike, interessante plekkie en sal altyd deur ons aanbeveel word op reis na Kaapstad."

Hermanus, Overberg

31 Tobago Bay

"Ek en my man het verlief geraak op Hermanus, en sal baie graag daar wil gaan aftree. Dit is 'n pragtige, skoon dorpie wat in alle behoeftes voorsien. "

Blad
Blad 336 - Wys 10051 tot 10080

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang