Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 10751 resensies.
"We have been to Malgas for the first time in December 2015 over Christmas and was so impressed that we just wanted to go back. Really love the area, so happy we discovered it. "
"Dis 'n rustige plek met vriendelike mense. Daar is wandelpaaitjies al langs die see in Franskraal en orals bankies om op te sit. Skoon en netjiese dorp."
"Ons kom gereeld Agulhas, Struisbaai en Suiderstrand toe en geniet die omgewing baie. "
"Kleinbaai is 'n skilderagtige plekkie naby genoeg aan Gansbaai vir inkopies en aan ander mooi plekke. Ons het dit veral geniet om die bote en toeriste op die haaikykbote te besigtig. "
"Vir ons mense van Gauteng is dit snaaks dat omtrent geen huis omhein is nie. Love dit! "
"Kleinmond is baie rustig en die natuur is wonderlik. Goeie rus vir jou siel en goed vir een se gemoed."
"Seker die dorp met die vriendelikste en hulpvaardigste mense! Kan nie wag om weer te gaan kuier nie!"
"Dit is al die vriendelike en hulpvaardige mense wat vir Gansbaai lekker maak."
"Hermanus is 'n pragtige en lieflike dorp. Ek en my man het 'n tydjie by die see spandeer en dit terdeë geniet. Het lieflike foto's geneem met die agtergrond van die see in sig."
"Seagull's Restaurant is the best place in town, great food and a nice vibe! Struisbaai has white beaches and nice places to swim, great place to visit overall. "
"Ons was aangenaam verras hoe Sandbaai uitgebrei het. Die dorp is netjies en sekuriteit sigbaar. 'n Aanwins is die voetpad om seelangs te stap. Sandbaai is 'n goeie vertrekpunt na omliggende strande."
"Dit is 'n lieflike plek waar mens nog vrylik kan asemhaal. Die see se water is natuurlik yskoud, maar die uitsig as jy op die strand is maak op vir die koue water! Ons het 'n paar keer by verskillende restaurante geëet wat baie lekker was. Van die plekke by die hawe se kombuise maak 20:30 al toe (ek dink dis vroeg vir die Kaap waar dit eers 20:00 donker is!) en dis jammer dat daar nie meer van die omgewing se wyne op die spyskaarte is nie. Kleinmond is 'n plek vir ontspan!"