Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 10751 resensies.
"Lots to explore, and nice walks along the cliffs. Enjoyed Grotto Beach despite the weather. Nice restaurants and shops. Good destination. "
"Kleinmond is 'n ongelooflike pragtige vakansieplek, baie sentraal en baie om te doen in omgewing."
"Ek sal definitief weer na Witsand teruggaan, uiters vriendelike, behulpsame mense, en die dorp is super netjies."
"Wegkruip- en ruspkekkie waar jy die natuur kan waardeer en die rustigheid kan ervaar van die dorpie!"
"Baie rustige en lieflike plekkie, naby strande en winkels. Perfekte plek vir 'n wegbreekkans."
"Baie oulike plek! As ou kampeerders op Gansbaai, is Kleinbaai en omgewing reeds baie goed aan ons bekend!"
"Sandbaai is heerlik as 'n bestemming, dit is naby genoeg aan Hermanus en Hemel op Aarde, maar tog kry jy die ervaring van 'n kusdorpie. Jy kan nog veilig rondloop en die seelug geniet sonder te veel verkeer (mense en karre)."
"Swellendam is 'n baie onderskatte dorpie met great mense en restaurante - puik oornaggeriewe en gasvrye mense en restaurante!"
"Vriendelike mense, oulike dorpie, mooi plekke en 'n moet as 'n mens Kaap toe gaan."
"Eerste keer wat ons daar kom en ons was baie verbaas. Dit is stil en rustig, baie lekker om te gaan stap op die paadjies langs die see en tog is jy binne enkele minute by winkels om jou kosvoorraad aan te vul. Die omgewing is pragtig. Stukkie hemel op aarde."
"Stanford is 'n kuierplek met heerlike eetplekke. Mariana en Springfontein is 'n moet! Ons het heerlik gekuier in Springfontein se Barn wat net om die draai is en dit is 'n heerlike, cozy, pragtige en rustige uithangplek in die aand wat glad nie duur is nie. Op pad uit die dorp koop 'n heerlike vars brood en ander lekker prentjiemooi eetgoed by die Ou Meul. Gaan gerus na die kaasplaas en gaan proe bier net buite die dorp. Heerlik!"
"Witsand is 'n klein plekkie, met die vriendelikste mense, wat sommer dadelik in jou hart in kruip!"
"Amazing little towns with art galleries and farmers markets, etc - really beautiful part of the world."
"Naby aan Gansbaai, Franskraal, Baardskeerdersbos en Uilenkraalsmond. Baie om te doen en te sien, of net rustig by die see te kan ontspan."
"Silversands is 'n absolute pragtige strand met die skoon sandduine. Eenrigting parkeerarea egter 'n groot probleem."
"Ek, my gesin en vriende sal definitief weer terugkeer Struisbaai toe vir 'n vakansie."
"Unbelievable change in the town. Beautiful guest houses and restaurants. Very high level of amenities and incredible choice of restaurants."