Geverifieerde Resensie
Sabie
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sabie bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 702 resensies.
"Geen straatligte in die nag nie en dit kan uiters bedreigend vir 'n stadsjapie wees."
"Gaan gooi eerder brandstof by die Caltex vulstasie as by die Engen vulstasie. Toe ons wou brandstof gooi moes ons lank wag vir iemand om ons te kom help. Die plek was glad nie besig nie, maar niemand wou uitkom om ons te bedien nie. Ek en twee ander voertuie het later maar gery na die Caltex stasie toe vir brandstof."
"Vreeslike mooi natuur. Rustig. Gawe mense. Maar die paaie is vieslik! Baie gevaarlik en kan jou baie duursaam met bande te staan kom."
"Sabie is 'n pragtige dorpie. Baie sentraal om na al die wonderlike besienswaardighede te gaan kyk en terug te kom vir die aand. Kan nie wag om weer daarheen te gaan nie. Die mense is ook baie vriendelik."
"Sabie is nie meer n mooi dorp nie. Vuil en baie slaggate. Tekort aan buitelandse toerisme het die dorpie ’n knou gegee. Die dorp word nie meer onderhou nie."
"Kan sien dat geen opgradering in Sabie gedoen is vir geruime tyd. Pad tussen Sabie en Hazyview is 'n nagmerrie vol slaggate. Die pad is die enigste een in die omgewing wat na al die ander besienswaardighede soos byvoorbeeld Graskop Gorge, Pelgrimsrus ens. lei."
"Die natuurskoon is werklik ietsie wat ek voel elke mens moet beleef. Baie klein ou dorpie, maar pragtig en almal groet mekaar. Daar is baie om te sien en die bome, berge en watervalle maak dit 'n ekstra spesiale ervaring. Vir seker 'n uitstappie wat ek nooit sal vergeet nie."
"Ten spyte van die slaggate in en om Sabie is dit 'n baie lekker dorp vir 'n wegbreek uit die stad uit."
"Sabie is lovely it's just that all the towns in the area (Graskop, Pilgrims rest etc.) have lost that authentic touch. Pilgrims Rest seems to becoming a spaza shop set up. But that aside Sabie, Graskop etc. still have beautiful sights to visit."
"Baie lekker, baie netjies en skoon. Oom Gawie is baie vriendelik en behulpsaam. Sal weer gaan."
"Sabie is 'n pragtige drop maar dinge het maar so bietjie agteruit gegaan. Veral die paaie."
"Die toegangsroetes vanaf Belfast, Dullstroom, Lydenburg na Sabie sal baie aandag moet verdien - dis baie gevaarlik. Dit gaan ook die toerismebedryf in Sabie en Hazyview benadeel."
"Pragtige area, maar die paaie is ongelooflik sleg. By watervalle het ons vriendelike personeel gekry wat hul bes probeer het om die besoek vir ons gemaklik te maak."
"Sabie bly een van my gunstelingplekke, ongelukkig kort van die paaie baie aandag en sommige van die watervalle sal jy nie met 'n gewone of lae motor kan bereik nie."
"Een van die min dorpe in die omgewing wat nog nie heeltemal verval het nie. Hazyview en Graskop was hartseer om te sien."