Geverifieerde Resensie
Saldanha Bay Local Municipality
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Saldanha Bay Local Municipality bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 741 resensies.
"Not many options for pool swimming facilities if not checked in at Mykonos. Selection of activities very limited."
"Ek was bietjie verbaas hoeveel sake-ondernemings toe was tydens die vakansie seisoen; was veral teleurgesteld dat Cup-of-Cake toe was!"
"Ons het beslis te kort gebly om al die toeriste aantreklikhede te geniet. Sal weer daar wil aandoen, daar is verskriklik baie om te doen en die mense in die omgewing is baie behulpsaam en vriendelik."
"Vriendelike gemeenskap, beslis uniek met die industriële omgewing en bootjies. Definitief nie 'n strandbestemming as dit is waarvoor jy soek nie. Daar vloei riool in die see in."
"Lovely holiday vibe. Can't wait to book our next holiday! Such quaint shops around main beach. Local festive markets are also packed with trinkets and creative products to meander through."
"Dit is beslis 'n baie skoon plekkie. Het veilig gevoel polisie en metro doen hulle werk."
"Jacobsbaai is 'n uitstekende plek om te slaap en as basis te gebruik as jy die Weskus besoek, dis baie veilig, dis naby genoeg aan Langebaan, Paternoster en Yzerfontein. Daar is regtig ietsie vir almal. Sal beslis weer kom kuier."
"Saldanha self is hoofsaaklik 'n vissersdorpie/vlootbasis, die mense is baie vriendelik. As mens die Weskus besoek sou ek voorstel om in Jacobsbaai te slaap, te swem in Langebaan, te eet by Lulas in Yzerfontein of die Gaaitjie in Paternoster, oulike winkeltjies in Paternoster."
"Charlie's fish shop was 'n wenner. Die area is goed versorg en ek het geen bedelaar raak geloop wat lastig was nie. Hulle het baie lekker winkels en daar was lewensredders op die strande. Wel gedaan Saldanhabaai, julle sal my weer sien."
"Mooiste, skoonste dorpie en strand. Vriendelike mense, als sentraal en gerieflik geleë. Gewaarborgde glimlag verseker."