Geverifieerde Resensie
Saldanha Bay Local Municipality
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Saldanha Bay Local Municipality bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 741 resensies.
"Die Weskus-skiereiland behoort behoorlik bemark te word, want daar is besienswaardighede benewens die blomme in Augustus en September, maar dit kan nie aan besoekers oorgelaat word om dinge uit te snuffel nie."
"Die area is pragtig. Ons het deur die natuurreservaat gery na Kraalbaai en preekstoel. Dis ongelooflik mooi met piekniek en braaiplek - die mooiste in die land."
"Clean beaches and clean overall, well done Saldanha Bay Local Municipality. "
"Dit lyk my die algemene toeristeverblyfstandaard in Saldanhabaai laat veel te wense oor en is glad nie in pas met die netheid en gemak van ander soortgelyke instellings met dieselfde gradering in ander dele van die provinsie nie. Die munisipaliteit sowel as die gastehuisbedryf moet bietjie meer moeite doen om die toeris nie uit te byt omdat die Saldanhabaai-strandmeer 'n unieke bestemming is nie. So word die toerisme definitief nie uitgebou nie. Die klein detail dingetjies laat soms veel te wense oor, wat 'n indruk van traak-my-nie-agtigheid skep en moontlik daadwerklik so is."
"Nee wat, ry deur strate en kyk self - die hartseer is al die werkloosheid terwyl mens deur vuil strate ry. "
"Die dorp is baie skoon en daar is genoeg winkels indien jy iets sou nodig kry."
"Saldanha as dorp, het oor dekades werklik verswak (die dorp is vuil en half voltooide ontwikkelings/afgebreekte geboue, spreek hiervan) en mens kry die gevoel dat die plaaslike owerheid eerder kapitaal ens. in die naburige Langebaan spandeer."
"I would say that not all areas and all accommodations are equal, but in general the Saldanha Bay Local Municipality are taking big steps in making it more attractive to visitors."
"No potholes where we were driving. The streets are clean no rubbish laying around."
"Ons het die Weskus Nasionale Park besoek en dit was baie mooi. Dit werk goed vir 'n middag se rondry. Daar is ook baie staproetes om te verken."
"By the beach there were lot of people drinking in public. The visibility of Metro or City Police is required."
"Jacobsbaai is 'n pragtige en rustige kusdorpie en ons sal beslis weer vir 'n naweek daar wil kom kuier."
"I do appreciate the people of Saldanha, the town is neat I thank you - keep it like that, well done."