Geverifieerde Resensie
Saldanha Bay Local Municipality
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Saldanha Bay Local Municipality bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 741 resensies.
"Die hawe en nywerheid doen bietjie afbreuk aan die uitsig en die natuurskoon, maar tog is die area rustig en vars."
"Was redelik aangesien hul poog om paaie in stand te hou en dorp skoon is. Daar is nog ruimte vir verbetering. Kyk nie mis dat hul regtig probeer nie."
"Langebaan, beslis 'n moet. Omliggende area (Paternoster), het nou 'n verleentheid geword."
"Die toiletgeriewe is baie netjies. Dankie vir die werkers van die plaaslike munisipaliteit."
"Great. Locals are friendly and the vibe is just great. There is so much to see and do."
"Langebaan is 'n baie gasvrye dorp en die mense is baie vriendelik. Dorp is netjies en skoon. Welgedaan Langebaan."
"Langebaan is mooi skoon, dele van Saldanha lyk minder goed. Die rooipienk ysterertsstof wat orals lê, maak die omgewing nogals lelik. Maar die kragonderbreking weens kabeldiefstal is spoediger as verwag, herstel."
"Baie goed, sal enige tyd in enige van die Weskusdorpies permanent gaan woon of vakansie hou, omrede die dorpies en paaie baie mooi netjies en skoon is. Ons het baie veilig gevoel in die gebiede. Sal dit sterk aanveveel vir enige iemand."
"Poog tog om die vrot seebamboes by Jacobsbaai se klein strandjie te verwyder. Die stank is soms oorweldigend!"
"Well organized and the town cleanliness was great to enjoy a safe holiday. Big thanks to the West Coast Nature Reserve team."