Geverifieerde Resensie
South Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 2313 resensies.
"Doonside is baie sentraal gelee. Jy het toegang na pragtige strande en inkopiesentrums. Dis ook net 25 minute van Durban af as jy daar besigheid moet doen."
"Die Mac Bananna is beslis 'n heerlike dag wegbreek en pannekoek of ontbyt eet is 'n moet. Die winkelsentrums is heerlik skoon en glad nie so duur as wat verwag sou word binne seisoen nie. Ramsgate strand is heerlik skoon en beslis familie en swem vriendelik en Julie is ook dan natuur tyd, lekker weer, sonskyn strande en warm see water die opgewondenheid oor die sardien run is aansteeklik of jy visvang of nie. Croc world is energiek en leersaam en die slang park 'n groot verassing en leersaam. Ryp word van piesangs, Walvis speel plek regtig besonder, snorkel saam met ongenooide gaste, dolfyne en voortreflike eet plekke, apies wat rond rits, verskeie voëls en heerlike stap roetes langs die strand en in die plantasies. Elke kilometer was die moeite werd. Dankie Ramsgate vir die gratis "booklets" ivm omgewing gebeurtenisse dit het ons beslis gehelp. Julle rock!"
"Een van die beste strande vir die vissermanne. Altyd 'n plekkie om lyne nat te maak."
"St Michael's-on-Sea is 'n pragtige strand wat nie so toeloop van mense het nie. Met ander woorde jy kan 'n rustige dag op die strand geniet sonder om vertrap te word. Dit is ook baie sentraal geleë en naby aan alles wat nodig is. 'n Juweel aan die Natalse Suidkus!"
"I adore this area. So many thing to do for adults and kids. Aqua parks, nature reserves, play parks, game drives, coffee and banana farms, great places to eat, etc."
"Baie lekker strand en "tidal pool". Kan dalk meer lewensredders te sien kry."
"Buite seisoen is dit rerig stil,en alles wat jy nodig het is baie naby die woonstel. Bekostigbare eetplekke net om die draai, en hang af hoe avontuurlustig jy is, is daar genoeg plekke en besienswaardighede as jy bereid is om 'n bietjie uit te ry."
"Manaba, asook groot dele van die Suidkus, is tans deurspek met misdaad. Ek kom van Gauteng en voel onveilig in die Suidkus."
"Ramsgate is naby alle geriewe. In 'n omtrek van 10 kilometer kry jy alles wat jy wil hê."
"Warner Beach is al vir baie jare 'n baie gewilde vakansiebestemming. Daardie hele omgewing is baie gewild met vakansiegangers en "locals". (Ook naby genoeg aan Durban en al die aantreklikhede wat dit bied.)"
"Gaan geniet die skoon strand, baljaar in die branders, 'paddle' e' kano in die strandmeer."
"Warner Beach was lovely. The beach was great until some "sangomas" came and /buried some dead chickens on the beach. This ruined it just a little for me, we had to make sure we stayed upwind from them. I was also sad to see the swimming pool on the beach with palisade fencing and locked. I grew up in Toti and that area is like home to me, so loved being back there. The little coffee shop at the Checkers centre right there where we had brunch was lovely. The food was great and the lady who served us was great and made us feel right at home. All in all our weekend was great."
"Ons gaan elke jaar Hibberdene toe en ek moet sê dat die dorp agteruit gaan. Die Spar/ Pick n Pay was nou nie my keuse nie. Ons het elke dag Port Sheptone toe gery om by hul Pick n Pay te koop. "
"Dit het die lekker strande en mooi snorkelpoele. Daar is van die lekkerste bergfietsroetes naby en 'n paar ander interessanthede. "