Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Dit is 'n baie lekker strand en ons kon lekker stap met die hondjies. Daar is ook baie restaurante en dinge om te doen, wat positief is. "
"Struisbaai was fantasties. Wind was bietjie erg, maar dit het ons nie gekeer om 'n heerlike tyd te hê nie. Kinders was veilig en kon lekker rondloop en daar is genoeg aktiwiteite om die hele gesin besig te hou. Sal definitief volgende keer vir langer gaan."
"Dis die ideale vakansiebestemming vir mense wat 'n stil omgewing verkies. Winkels, restaurante en die Weskus Mall is naby."
"Strand was super clean, never felt unsafe. Great restaurants and within 20 min of nearest wine farms. Beach is long, clean and offers choices for those who like it really busy or quiet. Water is very shallow so no big waves or rip tides. Sunsets are beautiful. The wind and sand was a challenge, but that's the Cape for you. "
"Een van die beste vakansies ooit. Mooiste plek. Noetzie Kastele en strand is absoluut pragtig. Sal vir seker 'n besoek aanbeveel."
"Baie besienswaardighede in die omgewing en jy het definitief 'n week nodig om alles te doen en te besoek."
"We saw that there is a lot of hiking trails that is very scenic around Citrusdal, so that should be very nice to do, there's horse riding and canoeing as well."
"Pragtige dorpie, net jammer so baie plekke was nie oop tydens ons besoek nie, soos antikware winkels, olyfplaas ens."
"4-sheep restaurant uit die boonste rakke. Heerlike afval en bredie geëet. Dit is net buitensporig duur. "
"Doringbaai is vir diegene wat nie van massas mense hou nie. As jy aksie en vermaak soek, is dit nie die plek vir jou nie. Die natuurskoon en lekker stapgeleentheid langs die kus is besonders vir diegene wat 'n stil tydjie soek. "
"Die natuurskoon is lieflik en die dorp is nog 'n bietjie stiller as die meer ontwikkelde plekke aan die Weskus."