Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Was veras oor hoe groot Beaufort-Wes eintlik is. Daar is groot winkels soos Checkers en jy kan alles kry wat jy benodig. "
"Arniston is nou wragtig 'n diamant op die kus van die Wes-Kaap. Ek is baie beïndruk met die vriendelikheid van die mense en netheid van die dorpie self. Jy kan sien die mense is trots op hulle dorp."
Hemel-en-Aarde Vallei, Wes-Kaap
Chavonnes Farm Cottage"Ek was aangenaam verras met wat Hemel-en-Aarde vir die toeris aanbied. Ons het die wonderlikste wyne geproe, ongelooflike gasvryheid geniet en die spyskaarte was nog 'n baie aangename verrassing. Ons sal moet terugkeer om meer van die plase te verken. Hier moet 'n mens jou tyd neem en nie haastig wees nie. Ons beplan alreeds om na die hierdie stukkie hemel terug te keer en om dit verder te verken."
"Weskus bly tops met al die agt dorpies in 'n radius van 50 km, Langebaan, Saldanha, Jacobsbaai, Vredenburg, Paternoster, St Helena Bay, Velddrif, Dwarskersbos. Nêrens kry jy so pakket nie."
"Kommetjie is 'n wonderlike, rustige stranddorpie met heerlike koffiewinkels en eetplekkies. Jy kan lekker ver gaan stap op die strand of op die rotse naby die lighuis. Dis die ideale strand vir honde, almal is so gemaklik met honde op die strand en mense maak mooi skoon agter hulle eie honde, so dit was heerlik. Ligging gewys is dit 15 min van Kalkbaai of Simonstad, 25 min vanaf Steenberg waar heerlike wynplase is (in die Constantia Kloof) en 45 min van Kaapstad af wat vinnige stadskuiers of stap op Tafelberg baie maklik maak. Ons beveel beslis Kommetjie aan as 'n basis vir 'n lekker vakansie."
"Baie besig oor Desember Kersseisoen, bespreek vooraf plek as jy iets wil bywoon. "
"Dis die lekkerste plek om weg te breek. Stil rustig en mooi. Baie plekke om te besoek. Te lekker. "
"Struisbaai bied als wat 'n vakansieganger verlang. Sien binnekort weer!"
"Plettenbergbaai het baie om aan toeriste te bied. Besoeke aan die Stormsriviermond en Robberg is aan te beveel. "
"Die Klein-Karoo het beslis hoekies en draaitjies wat ontdek moet word. Meiringspoort met sy geskiedenis en skoonheid moet beslis besoek word. Die dorpies Oudtshoorn en De Rust moet by stilgehou word. "