Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Behalwe vir ons verblyf, is ons as familie baie beïndruk met Paternoster en die res van die omgewing vir die natuurskoon, besienswaardighede en alle die aktiwiteite wat dit bied vir ieder en elk. Ons gaan definitief spoedig terugkeer na die omgewing en is daar nog soveel wat ons wil sien en doen. Mooi loop."
"Swellendam is 'n besonderse mooi dorpie aan die voet van die Langeberge. Die dorpie het mooi argitektuur en vriendelike mense. Pragtige grasdak wonings en besonderse mooi kerk. Die paaie is in 'n besonderse goeie toestand. Lieflike plekkie. Sal beslis weer besoek."
"Plek is vir natuurliefhebbers - niks te doen vir jong mense behalwe haaihokduik."
"Yzerfontein het baie uitgebrei. Dit vat nogal iets van ‘n Weskusdorpie se atmosfeer weg. Die plaaslike Spar verkoop alles wat nodig is. Daar is ‘n heerlike soft-serve winkeltjie wat die roomys in sugar cone bakkies verkoop!"
"We found the museum in the Old Jail very interesting. Loved the feeling that there is a thriving and friendly community in the area."
"Die area is heerlik en pragtig en vir seker elke sekonde werd. Die weer het wel nie elke dag so mooi saam gespeel nie, maar dit was steeds heerlik. Baie beïndruk met die skoon en pragtige natuur. Wens so dat daardie sienswyse reg oor die land sal plaasvind."
"Nog steeds die atmosfeer van 'n vissersdorpie wat ons baie verfrissend gevind het."
"George is 'n vinnig-groeiende dorp/stad en bied baie vir vakansiegangers. Probeer gerus die restaurant Nina' s, heerlike disse is daar te vinde. "
"Boston was vir ons 'n gerieflike opsie omdat ons seun se SA-kompetisies in Bellville was, so dit het mooi uitgewerk as 'n sentrale blyplek. Die woonbuurt is baie rustig en skoon, so geen problem daarmee nie. "
"My man is gebore in Oudtshoorn, dus is ons gereeld in Oudtshoorn. Pragtige plek, maar die hitte is soms ondraaglik. Gelukkig het ons koel weer gehad. My skoonseun wou baie graag Oudtshoorn besoek, daarom het ons as toergidse vir hulle opgetree. Hy is verskriklik beïndruk. Ons het hulle na verskeie besienswaardighede geneem."
"It was an eyeopener to us as it was our first visit to the area. It's really a nice area to visit especially to people interested in winery. "
"Dit is 'n besonderse besoekersdorp. Die mense is vriendelik en laat jou as toeris werklik tuis voel."