Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Dit was my eerste keer in Noordhoek ook en ek kan nie glo ek was nog nie daar nie, dis pragtig en so boomryk en mooi ek sal definitief weer soontoe gaan."
"Ons het ten minste die beste eetplek en vriendelike plekkie, naamlik Pure Craft Food. Verder nie baie tyd gehad om rond te kyk nie, meer 'n stop over vir Karoo to Coast."
"Daar keer iemand jou maklik voor vir 'n kort geselsie - vra maar die persoon by die museum."
"Franskraal is a location with spectacular natural beauty. It may be a little off the well-worn path, but well worth the detour."
"Gaan ondersteun gerus die local besighede. Red Bridge Brewing Co. en The Knysna Gin Distillery is twee wat ek beslis sal aanbeveel. Altwee het mens dadelik tuis laat voel. Baie vriendelike mense."
"Die Weskus en sy direkte, sout-van-die-aarde mense is nie almal se cup of tea nie. Myne wel."
"'n Klein dorpie wat darem lekker eetplekke het vir die hele familie. Kon ook paar goed koop by die winkels vir die langpad. Dorpie is skoon en ons het veilig gevoel toe ons rondgestap het."
"Agulhas is 'n pragtige see-dorpie dis baie skoon, met vriendelike mense!"