Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Maak seker u het 'n volwaardige spaarwiel in u motor en net nie daardie dun-spaarwieletjies waarmee voertuie deesdae uitkom nie. Die paaie kan ongelukkig lei tot 'n wiel wat vervang moet word. "
"Paternoster is 'n baie mooi klein dorpie, maar nie veel om te sien en te doen nie. As jy nie lief is vir hengel nie, sal jy 'n boek en die stilte waardeer."
"Rustige dorp in hoog seisoen met goeie verskeidenheid van restaurante en besienswaardighede."
"Dit is sentraal geleë met besienswaardighede wat naby geleë is. Die arbei plaas is 'n aanbeveling."
"Heerlike vakansiedorp met alles wat mens benodig. Daaglikse vars vis op die hawe was 'n bonus. "
"Groot-Brakrivier is nie so besig soos Hartenbos nie en die winkels kan mens besoek sonder om in rye te staan."
"Mens wil nie teveel oor Hartenbos uitbrei nie, anders wil die hele Suid-Afrika hier gaan vakansie hou."
"Baie verbaas oor die grootte van die dorpie, maar baie oulik. Die restaurant 'Flames Grill & Pub' het die beste seafood platter in die Wes-Kaap."
"Baie oulike 'one-stop' dorpie. Die restaurant 'Herrie' se diens was stadig, maar die kos was baie lekker."
"Lambertsbaai is voorwaar 'n unieke plekkie. Ons het ook heerlik geëet by Isabella's. Wonderlike ervaring."
"5 ster. Struisbaai het ons harte gesteel. Ons sal nêrens anders weer vakansie hou nie."
"Parenoster is asemrowend mooi. So jammer dat foutiewe uitverhuring van huise en petty crime sal veroorsaak dat mens nooit weer daar sal oornag nie!"