Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Witsand is fantasties as jy hou van watersport, veral kitesurfing. My dogter het dit vreeslik geniet en die lesse by Breederiver Lodge is regtig goed. Maar as 'n familiestrand is daar baie, baie beter opsies. "
"As Bolandse dorp is Wellington die middelpunt, om die res van die Bolandse dorpe te verken! Onvergeetbare ervaring!"
"Yzerfontein is vir ons gerieflik naby vir wegbreek (woon in Bellville), beskik oor 'n Spar wat aan al die koopbehoeftes voldoen en het vriendelike personeel. Die apteek is 'n noodsaaklikheid en lewer goeie diens. Die roete langs die eerste see, hawe en tweede strand bied 'n maklike staproete. Ons is verlief op Yzerfontein."
"Jacobsbaai is 'n pragtige klein dorpie, perfek vir as jy 'n stil wegbreek soek. Almal is baie vriendelik en daars groter dorpe naby genoeg as jy iets wil koop."
"Aangesien ons net op 'n deurreis was het ons nie enige besienswaardighede besoek nie, maar die dorp is beslis daarop ingestel om dit vir besoekers 'n aangename ervaring te maak. Vriendelike mense, netjiese dorp."
"Lekker klein dorpie. Die Drostdy Museum is 'n defintief vir enige iemand met 'n belangstelling in geskiedenis."
"'n Dorpie vol geskiedenis. 'n Besoek aan die Fransie Pienaar Museum is 'n moet as jy belangstel in die geskiedenis van die omgewing. "
"Nie baie om te doen nie, maar somtyds is niksdoen ook 'n bonus. Lekker gerus."
"Melkbosstrand is baie gerieflik en dit was baie lekker! Ek sal enige tyd weer daar vakansie gaan hou! "
"Ons was net een nag daar, maar was baie rustig en beeldskoon uitsigte. Ek speel nie gholf nie, maar kan dink dat dit 'n baan is wat op enige speler se lys moet wees om te speel."
"Rustig en kalm atmosfeer. Bring daardie rustigheid en kalmte in jou gemoed. Net wat jy nodig het na 'n besige jaar."
"Strand is 'n lekker vakansie bestemming, ongelukkig baie winderig in Desember. Die strand front is baie wyd met groot swem gebied."
"Redelinghuys is good as a stop over town. Cemetery and church is worth a visit but really not much to do there."
"Knysna is interessant en vol verrassings. Gewone mense in winkels gaan uit hul pad om mens van diens te wees."
"Dit is 'n interessante plek, baie stil en rustig en iets besonders as dit jou eerste keer is dat jy die plek besoek."