Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Strand sal altyd een van my gunsteling vakansiebestemmings bly. Dit is veilig en 'n mens kan kilometers stap en heerlik swem."
"Was vir ons heerlik om in so ouwêreldse dorpie te stap en te kuier! Oulike restaurante en vriendelike mense!"
"Fast developing coastal town with lots of potential and activities for everyone young and old. Very safe for late night strolls. "
"Mooi omgewing en interessante dorpie, maar daar is nie baie toeristebestemmings op die dorp self nie."
"Wildernis was baie sentraal vir al die dinge wat ons besoek het: Mosselbaai, Touwsrivier, Knysna, Tsitsikamma. Dit voel baie veilig, rustig en vertroud. Ons was jammer toe ons weer moes afskeid neem. "
"Pragtige plek, maar nie plek vir n groep mense wat net wil sit en kuier en ontspan nie, want geraas sal daar wees. "
"Aangesien my man daar groot geword het, ervaar ons dit ongelukkig nie heeltamal as n toerismebestemming nie - kom kuier gewoonlik by die familie. Maar op die oog af, is daar heelwat om te doen uit n toerisme-oogpunt - Om Oppidam alleen is daar genoeg doen-dinge vir 'n hele naweek!"
"Such a green and beautiful area. Lots to do - I highly recommend Birds of Eden, Monkeyland, and the nearby elephant sanctuary if you like animals."
"Velddrif en Laaiplek is van my lieflingplekke met die lekkerste seekosse denkbaar. Lekker eetplekkies en ook naby Paternoster, St Helenebaai, Langebaan, Saldanah, ens. Baie om te doen. Great bestemming!"
"Struisbaai is a beautiful destination with lots to offer and that's why we opted to go there."
"Struisbaai is al baie jare lank 'n gewilde naweek- en vakansiebestemming vir ons en ons hoop om eendag daar te kan aftree."
"Houtbaai is 'n pragtige dorp, dit is net jammer dat die informele nedersetting 'n deel van die natuurskoon bederf."
"Terwyl daar nie veel aangaan nie (wat deel van die bekoring is), beveel ek sterk aan dat almal by Tannie Joey se Kontrei Winkel stop en vir die oom vra oor sy Heuningwyn. Wie weet, dalk koop jy aandele..."
"My hart sal altyd in die Strand wees, want ons het vir lank daar gewoon. Dit is 'n wonderlike plek met 'n bitter mooi strand."
"Dit is 'n rustige en netjiese dorp en redelik sentraal. Ek sal dit weer besoek. "
"We have had some very surprising and amazing visits in the Karoo. Stars at night are fantastic. And so much more."
"Fantastiese bestemming vir 'n wegbreek om lekker te ontspan. Dorp is opvallend mooi skoon. Verskeie lekker plekke om by te eet en kuier. Dorp bied ook goeie verblyfopsies. Saterdagoggend-mark bly 'n treffer."