Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Kleinmond is minder as 'n uur se ry van Kaapstad. Dit is by Hermanus en die natuur is pragtig. 'n Dorpie aan te bevele."
"Pragtig! Super vriendelik met mense wat uit hul pad gaan om jou soos 'n gas te laat voel."
"Dink dit sal baie lekker wees om daar vakansie te hou - ons het die dag daar baie goed benut en geniet."
"Woonbuurt, naby aan (stapafstand van) supermark in sentrum met restaurant (bedags), wegneemete-restaurante, OTM's ens. "
"Het nog altyd verkies om in Bellville en Brackenfell omgewing te bly. Dit is sentraal en bied alles aan wat 'n persoon benodig. "
"Bietjie te ver om te loop na die besigheidskern, maar nog steeds pragtig."
"Dink nie "Jan Allerman" besef hoe sentraal Somerset-Wes geleë is t.o.v. wynplase, uitstekende restaurante ens nie. Dink daar is 'n persepsie dat jy moet in Stellenbosch of Kaapstad self oornag vir optimale ervaring, maar my ondervinding is dat jy net so 'n lekker tyd indien nie lekkerder kan hê vir baie goedkoper. "
"Ek is mal oor Bloubergstrand en sal nie sommer na ander plek toe gaan nie. Wat vir my baie mooi is, is die eetplekke op die strand met die uitsig van Tafelberg."
"Baie aangename plek om te besoek. Ons het die feëtjietuin besoek. Dit was 'n belewenis. Sal dit vir enigiemand aanbeveel om te besoek"
"Dit is 'n pragtige en wonderlike deel van ons land, wil sommer als in Gauteng verkoop en daarheen trek!"
"Strand langs die meer heerlik. Die maklike toegang tot die Weskuspark maak die dorp 'n baie gerieflike oornagplek. "
"Ons het die museums baie geniet en die dorpie is pragtig, al wat bietjie erg was is die verkeer reg deur die dorp."
"Mosselbaai is lekker naby George-lughawe, Mosselbaai het alles wat jy nodig het maar voel nie soos 'n groot dorp nie. Mosselbaai is goed geleë, ons kan daarvandaan elke dag uitry na die aangrensende vakansiebestemmings."
"George and its surrounding areas are very beautiful, I wish we had more time to travel the area."