Geverifieerde Resensie
Western Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Western Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 60061 resensies.
"Depending on your preference, I love Struisbaai for its clean beaches, safety and friendly people."
"Die mooiste en rustigste dorpie in die Weskus. Vriendelike mense en dienste. Lekker eetplekkies en restaurante, site-seeings en nog baie dinge om te doen en te sien. 'n Lekker dorp vir vakansies hou."
"Daar is absolute potensiaal vir Gansbaai self om ’n meer aantreklike bestemming vir toerisme te word. Op die oomblik is dit ’n toeristebestemming."
"Velddrif, Laaiplek en Port Owen vloei so in een en is groter as wat mens sou dink. Bokkomlaan is enig in sy soort en 'n moet om te besoek. Pragtige Weskusdorpie!"
"Ons is baie lief daarvoor om Prince Albert te besoek en sal vir seker weer so maak. ’n Pragtige, skoon dorpie met wonderlike uitsigte oor die berge en die Karoo. Ons bid net vir goeie reën saam met al die Prince Albert inwoners."
"Baie mooi dorpie met ’n rustige atmosfeer. Sal graag weer wil kom, maar dan vir 'n hele naweek!"
"'n Goed weggesteekte juweel met soveel topgehalte restaurante, kunsgalerye en snuisterywinkeltjies. Beslis 'n kom-kuier-weer-en-weer bestemming."
"Ons hou nie van Hermanus self nie maar Onrus en Vermont is heelwat stiller en lekkerder om daar te ontspan."
"Ek dink die wynroete moet miskien net bietjie die inligting opdateer met wat beskikbaar is."
"Daar is ’n lekker mark op Saterdae waar mens kan saam kuier, lekker eet en daar is iets vir almal. Goeie restaurante en vriendelike mense. Baie naby aan George as mens iets nodig het in die stad. "
"Dit is 'n pragtige plek, met al die geriewe wat 'n vakansieganger benodig. Die restaurante bied uitstekende kos en diens."
"Paarl en sy omliggende gebiede het van die mooiste uitsigte en van die beste wynplase asook lekker dinge vir kinders om te doen."